Welkom
Louis en Annatjie de Kock is beide geskool in Pastorale Sielkunde en werk as Leraars landswyd. Gedrewe deur God's Gees bied hulle die Metamorfose Seminare aan om mense te help om van hulle emosionele bagasie ontslae te raak.
Vrese, Verwerping en Skuldgevoelens is die onsigbare kern probleme wat onder 'druk' sigbaar word in hul huwelik, hul gesondheid, hul finansies en hulle kinders. As beraders of rigters of regters of pastorale sielkundiges leer ons die Woord as die beginsel van 'n oorvloedige lewe.
In ons spreekkamer (Roodepoort) kry ons te doen met:
Mense wat selfmoord neigings het, mense wat jaloers is of nie meer kan vertrou nie, mense wat sukkel met die nagevolge van seksuele molestering, kinders met leerprobleme, mense wat siek is (kanker, suikersiekte, arteritis, migraine, osteoporose, spastiese-kolon, prostaatklier probleme, maagseer, ekseem, aknee, HIV, yuppie griep ens.),
huwelikspare wat kinderloos is, mense wat geteister word met bonatuurlike geestelike verskynsels, mense met huweliksprobleme, mense wat slapeloos is, dwelms gebruik, oor of ondergewig is, vroue wat 'n aborsie begaan het, haarverlies, mense wat traumatiese ondervindings nie kan verwerk nie, angsaanvalle, depressie, vrese, finansiële probleme, geestelike probleme, kinder probleme, AHDA, pornografie, ens.
Ons volg 'n holistiese benadering wat die gees en siel en die liggaam as 'n funksionele eenheid, interafhanklik van mekaar, hanteer, wetend dat God die Skepper van die mens is.
In our counselling rooms (Roodepoort) we are exposed to:
People who are suicidal, people who are jealous or who cannot trust anymore, people who struggle dealing with sexual abuse, children with study problems, people that are sick psychosomatic or mental illnesses, people who struggle dealing with traumatic experiences, anxiety attacks, depression, fear, financial problems, spiritual problems, problems with children, molestation, ADHD, pornography, etc.




