|
FINANSIëLE ONDERSTEUNING
1Samuel 9:6
"En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is n man
van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik
uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog
wat ons onderneem het."
Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaanwat sal ons die
man aanbied?
Want die brood in ons sakke is op, en n geskenk is hier nie om die
man van God aan te bied nie; wat het ons? En die dienaar het Saul weer
geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog n kwart sikkel silwer
by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons
tog.
Ons is reeds besig om 'n Pastoor op te rig om 'n Bediening
te begin op Eagles Nest se Genesings plaas.
Sy verantwoordelikheid is om die plaaslike bevolking te evangeliseer,
gebedsgroepe te stig en Evangeliste voor te berei om die Mojagi area met
sowat 80,000 mense te bereik.
'n Kinderbediening is in die vooruitskou en ook 'n voedselskemas
vir die arme.
Ideaal sal dit wees om die Eagles Nest se Genesingsplaas,
wat sowat 70% voltooid is, operasioneel te maak vir mense wat emosioneel
nie verder kan gaan nie. Het vantevore sowat veertig mense gehuisves wat
emosionele genesing ontvang het.
U ondersteuning help ons om die goeie boodskap van verlossing
en genesing te verkondig.
Indien u belangstel om ons finansieel te ondersteun voltooi
asb. die ondergaande vorm en klik op die stuur knoppie.
Alternatiewelik kan u die vorm uitdruk en vir ons faks,
deur op die bladsy regs te klik met u muis en dan print te selekteer.
|