Welkom by www.metamorfose.co.za

| Welkom | Oor Ons | Info oor METAMORFOSE | Info oor LAAT DAAR LIG WEES | Info oor TROUSWEER |
| Genesings Plaas | Kinder Bediening | Woord van Bemoediging | Getuienisse | Ons Dagboek |
| Bespreek Ons Hier | Posbestellings | Finansiële Ondersteuning | Kontak Ons |

GENESINGS PLAAS


Die plaas Eagles Nest

Verlede en dalk weer?

Manne en vroue kampeOp die Woord van die Here het ons die plaas gekoop in die Tzaneen area, 1991. 'n Pragplek.

Het huidiglik slaapplek vir 100 mense en het heelwat Metamorfose Seminare hier aan gebied.

Ook begin met die werkverskaffing van werkloses, heel suksesvol.

In latere jare opleidingswerk gedoen vir jong Evangeliste en ook Gebedsgroepe gehuisves.

Vrydagaande Films gewys vir die plaaslike bevolking en sowat 300 betrek. Sop en brood was ook periodiek bedien.

'n Wonderlike projek, maar op die huidige oomblik bereik ek en Annatjie baie meer siele met ons uitbeweeg na verskillende gemeentes landswyd.

Gemiddeld so veertig kerke per jaar en sowat honderd plus per gemeente.

Onmiddelike beplanning.
Is besig met onderhandeling om 'n Pastoorspaar permanent te vestig op die plaas om spesifiek na die volgende areas te kyk.

  1. Die vestiging van 'n kerk vir die plaaslike bevolking
  2. Die opleiding en koordineering van Evangeliste vir die plaaslike buurdorpe.
  3. Die totstandkoming van gebedseminare en kampe op die plaas
  4. Voedselskemas vir die arme in buurdorpe.

Het alreeds die volgende fasiliteite gevestig op die plaas

  1. Kerk gebou vir sowat ‘n honderdmense
  2. Slaap plek vir ‘n honderd mense plus
  3. Woonstel vir die Pastoorspaar
  4. Wasgeriewe ens

Genesings Plaas Tzaneen
As die Here dit op u hart lê om die plek optimaal te laat fungsioneer deur ‘n finansiele skenking te doen, laat weet asb. Waar gaan u ‘n beter belleging kry as juis in die bereiking van die honderdduisendes in die onmiddelike omgewing van die plaas.


| Welkom | Oor Ons | Info oor METAMORFOSE | Info oor LAAT DAAR LIG WEES | Info oor TROUSWEER |
| Genesings Plaas | Kinder Bediening | Woord van Bemoediging | Getuienisse | Ons Dagboek |
| Bespreek Ons Hier | Posbestellings | Finansiële Ondersteuning | Kontak Ons |


ontwerp deur Wired Ink cc. Polokwane 082 6192 092