Huwelike • Siektes • Kinders • Depressie • Angs/Stress
Molestering • Verslawing • Selfmoordgedagtes • Leerprobleme

Seminare wat ons aanbied

Reël die byeenkoms en ons bied dit aan!
Vir meer inligting oor spesifieke seminare, merk die blokkie langs die seminaar, vul vorm in en stuur.


Bevryding:

Metamorfose kursus - verander u horisonne.
Modules [1-8] (16 ure)


Tot en met 1989 het ek geworstel met vrese, minderwaardigheid en verbittering. In my lewe kon ek dit nie verstaan dat ek as wedergeborene, bloedgewaste kind van God allerhande probleme kon ondervind nie. In 1972 het die Here my siel gered en vanaf daardie moment het ek ywerig Sy riglyne nagevolg.
Die gees van die mens word wel deurweek met God se Gees; hier vind 'n totale metamorfose plaas, maar die liggaam en die sielsdimensie moet nou veranderings ondergaan. Rom. 12:2 "En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,"
+- 80% van al ons siektes kom van emosionele probleme af. Die sielsdimensie huisves ook die emosionele en hier vind ons geveg plaas.

Eindtye:

Geesteswereld, Daniel se gouebeeld interpretasie, Die sewe jaar se opbou na 'n nuwe Vrederyk onder ons Koning.
Modules [10-11-en 12] (6 ure)


Drie kursusse:
  • Geesteswêreld: Wat vir my verstommend is, is die gedagte dat God soveel aandag gegee het met die beplanning van die onderwêreld... It is deep and dark, in the centre of the earth, fastend with gates and bars, the home of the souls of dead men and ill spirits, a place of punishment.
  • Daniel se Beeld: Wat merkwaardig is, is dat hierdie droom se uitleg word periodiek bevestig in die Bybel. Vanaf Genesis tot en met die boek Openbaring word die waarheid aan ons voorgehou - die antichris is hard van aangesig, en hy sal menigte oorreed om hom te volg.
  • Die boek Openbaring: Sy regverdigheid is soos die berg Sion, standvastig is onse God en Sy liefde is onveranderbaar.
    Die boek Openbaring is die slothoofstuk van die twee en sewentig geskrifte wat ongeveer eenduisend seshonderd (1600) bladsye beslaan, en regdeur die Bybel is die sentrale gedagte: "waarom rebelleer jy teen My? Waarom langer in duisternis beweeg? Kan jy nie sien dat Ek net die beste vir jou wil hê nie?"


Huwelik:

'Trou is nie perdekoop nie' - selfontleding en dan genesing.
Module [13] (5 ure)


Moet nie die fout by 'n ander soek nie.
Dit is asof die mens altyd die oorsakende probleem van jou gedragsoptrede by die deur van ‘n ander sal gaan soek. Daar is 'n spreekwoord wat sê "Vee eers voor jou eie deur" en dan sê jy die bure aan om voor hulle huis skoon te maak. Die sleutel tot 'n suksesvolle huwelik is juis hierin opgesluit. Twee gebrokenes ontmoet mekaar - 'birds of the same feather flock together' - en hulle is onder die indruk dat hul huwelik "maanskyn en rose" gaan wees. Gou is die ontnugtering as hy of sy agterkom dat die ander een nieso "fraai" is as wat hul gedink het nie. Nou begin die beskuldigings en die verwyte en probeer ons om die ander te verander, maar helaas, hardkoppig word daar voortgestoom met jou eie streke.

Dit is van kardinale belang dat die volgende mense blootgestel word:
• Oupa / Ouma
• Pa / Ma
• Kinders
• Verloofdes

Gebed:

Strategiese aanpassings en die verlossing van 'n stad. Ons het 'n mandaat.
Modules [14] (10 ure)


Stappe wat Josia volg om vrede te verkry: Hy neem hom voor om God se riglyne nougeset te volg. Eers vernietig hy die afgodsbeelde, dan gee hy opdrag aan die Skrifgeleerdes om die Wetboek te bestudeer. Hy skeer sy klere as 'n teken van berou en roep al die stamhoofde na hom toe.
  • U word Verorden of geordineer. U is het 'n MANDAAT en u is die MANDAAT HOUER. Rom 13:1 "Be a good citizen. All governments are under God. Insofar as there is peace and order, it's God's order. So live responsibly as a citizen."
  • Vestings word gevorm deur politiese leiers in 'n stad teenoor die kerk en andersom. As die kerk nie sy plig nakom nie gaan daar repurkissies wees, of as die dorp geregeer word deur demoniese magte gaan die kerk die middelpunt word van hul aanslag.

Kursusse op aanvraag:

Kursusse kan op aanvraag saamgestel word en van toepassing gemaak word vir u unieke behoefte.

Ma en kind se interaksie voor geboorte
Leerprobleme by kinders
Aanpassings na egskeiding
Saamgestelde families en interaksies
Emossionele herstelling
Siektes, die oorsprong en genesing
Sielewenners - maak u Gemeentelede aktiewe verteenwoordigers van u Kerk