KURSUS INHOUD
Pastorale Terapie
| Oorkom
duisternis met lig | Oorkom die invloed
van die okkult | Oorkom jou vrees
| Oorkom verwerping |
| Oorkom depressie | Hoogmoed
| Oorkom finansiële probleme
| Reinig jou land |
Hierdie handboek vorm die basis van al die Simposiums wat ons landswyd aanbied.
Die audio en video bande is opgeneem terwyl die lesings aangebied was in kerke.
'n Sielkundige se taak is om vas te stel, deur te luister na die simptome/vrug, waar 'n persoon se emosionele probleem se ontstaan is.
Hipnose (waarteen ons gekant is) word onderandere deur sielkundiges gebruik.
Met die vasstelling van die oorsprong en die identifisering van die wortel of letsel word die klieNnt van die sielkundige nou geleer om met die probleem saam te leef.
Om dit leefbaar te maak stel die sielkundige voor dat slaapterapie of medikasie aangewend word.
|
Metamorfose
handboek - Agt modules en 179 bladsye
|
Meditering is 'n opsie wat deur sielkundiges voorgestel word. Sodra die 'druk' verwyder word verdwyn die simptome en dit wil voorkom as of die persoon dan genees is, maar in werklikheid is die persoon nie genees nie.
Sodra die "hulpmiddels" of "steunmiddels" of "onderdrukkers" (wat deur sielkundiges aanbeveel word) nie gebruik word nie, verskyn die simptome weer en die probleme is baie keer erger as ooit vantevore.
Permanente genesing word slegs volhou deur die toepassing van God se riglyne wat by die 6,000 jaar beproef is. Belydenis teenoor 'n regverdige.
Die vergewe van die betrokkenes. Die respektering van jou ouers. Die inwerkende krag van die Heilige Gees. Die toepassing van God se Woord.
Die inneem van vitamiene. Die erkenning van eie swakhede ens. is almal faktore wat in ag geneem moet word as u 'n oorwinnende lewe in besit wil neem.
Vervolgens 'n opsommende weergawe van die materiaal wat in die handboek gebruik word. Hierdie modules skakel die een by die ander in en word aan gebied as 'n sesdag Simposiums by kerke.
Module een
Verbondsooreenkomste - Oorkom duisternis met lig
U
moet verstaan dat nêrens in die Bybel kry u 'n 'Beradersraamwerk'
nie, maar wel die profiel van die Leraar/Rigter.
|
Jdg 2:19 Maar wanneer die rigter/leraar
dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter
ander gode aan te loop ..
|
Die Leraar moes dus die volk lei na God se instellings
sodat vrede gehandhaaf kon word.
Sodra die volk die Leraar se aanwysings -wat op Godswoord geskoei is-
verwerp, dan beweeg die vyand in, aan-ge-vuur deur Satan homself.
Berading se oorsprong is humanisties terwyl die Leraar,
Jesus se voorbeeld volg. Die Leraar se verwysingsraamwerk is 95% Woordgebaseer
en 5% sielkunde terwyl die Berader u as kliënt altyd aan hom as 'n
persoon sal koppel.
Slegs die Here kan volmaak genees. Inderwaarheid was siekte nooit deel
van God se plan nie.
Om gesond te bly moet by die Riglyne gebly word.
|
Ps. 139 Dawid roep uit "Here
ondersoek my hart (siel) en sien of daar nie n onreinheid
is nie" Paulus sê "ek wil die goeie doen maar iets
stu teen my".
Lukas stel dit nog duideliker: terwyl jy op pad is om die Koning
te ontmoet, maak seker dat u van al die onreinhede ontslae raak.
Heiligmaking is die groei na geestelike volwassenheid.
|
Dit is belangrik om te weet dat die Woord
van die Here dit duidelik stel dat ons almal produkte van ons
verlede is en dat ons reaksies op ons ouers en omstandighede waarin
u groot geword het, die kwaliteit van ons lewens bepaal.
n Mens se wil speel dus n kardinale rol. Wedergeboorte wis
nie ons geheue uit nie.
Wedergeboorte vernuwe die gees van die mens maar die sielsdimensie moet
aan gewerk word. Traumatiese ondervindings skep groewe of memogramme
in die geheuebasis. Die toepasing van die Woord bring vernuwing voort.
Daar is ook audio en visuele materiaal
beskikbaar asook n korrespondensie kursus.

| Die instandhouding van
'n Verbondsooreenkoms bring 'n gelukkige familie tot stand. |
Module
twee
Oorkom die invloed van die okkult - Maak die gevangene los
Maak
die gevangene los - handel oor die Okkulte en die gepaardgaande vloeke
wat dit meebring.
Hier sal u leer dat huweliksprobleme, siektes, finansiële druk en
baie ander ongelukkighede van hier kan begin.
Ek is nie 'n voorstander van die 'bloedlynvloek' nie
maar is wel oop vir oortuiging.
Maar wat ek wel dink kan gebeur is dat voorbeelde van leiersfigure 'n
kardinale rol speel in u verwysingsraamwerk.
My eie ma het my voorgestel aan 'n toordokter en vir jare was ek onder
die oortuiging dat dit reg was.
Waar kom die bose geeste vandaan?
n Groot persentasie van ons praktiserend teoloë stem ooreen
dat hierdie bose geeste (duiwels, demone, onreine geeste,) niemand anders
is as die gevalle engele wat saam met Satan (eers Lucifer) uit die hemel
teen die grond verdryf is nie. " Hulle taak is om jou te verhinder
om die evangelie te verkondig."
Die Nederlandse Geloofsbelydenis - Art. 12 verklaar dat: "Die duiwels
en die bose geeste het so verdorwe geraak dat hulle vyande van God en
van alle goeie dinge is.
Met al hulle mag loer hulle soos moordenaars op die kerk en op elke lidmaat
daarvan." Ons kan hulle nie weg wens of hulle ignoreer nie, want
hulle is ons vyandig gesind en laat ons nie met rus nie.
New Age Medisyne
Die term New Age Medisyne omsluit n wye verskeidenheid terapieë.
Elke New Age Terapie het sy eie ontstaansgeskiedenis en kom uit verskillende
kulture en tydperke in die geskiedenis.
Sommige bestaan reeds eeue (Kruiekultuur en Spiritisme). Ander het in
die 19de eeu ontstaan (Chiropraktyk, Homeopatie). Nog ander het n
taamlike resente ontstaansgeskiedenis (Biofeedback, Rolfing). Meeste van
die terapieë het n Oosterse agtergrond of is sterk beïnvloed
deur Oosterse mistisisme, of is sterk spiritisties, okkulties en animisties
gekleurd.
Natuurlik is wetenskaplike medisyne nie bo kritiek verhewe nie! Genesing
is egter te vinde in Jesus Christus.
Hoe kry jou Teenstander dit reg om te roof in jou finansies,
jou gesondheid, jou huwelik of jou kinders as God jou Beskermer is. 'n
Gebrek aan kennis, spesifiek in die Okkultiese dimensie is die antwoord.
Leer verder in ons Handboek of luister na die opnames, hoe die Duiwel
toegang verkry in die kind van die Here se lewe.
|
Deu 18:10 Daar mag niemand
by jou gevind word ... wat met waarsêery, goëlery of
met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe
omgaan, of wat n gees van n afgestorwene vra of n
gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
|
| Terug
na bo |
Module drie
Oorkom jou vrees - Verslaan die leeu in jou lewe
Kortstondige
spanning is normaal. Dit stel die liggaam in staat om of te vlug
of om aan te val. Dit is egter nie ons probleem nie, maar 'n langdurige
spanning of 'n onderliggende vrees, is nadelig vir die liggaam.
'n Pyl en boog wat altyd gespanne is, sal nie hou nie.
Dit verslap mettertyd en verloor sy elastisiteit. Net so ook 'n gespanne
persoon; sy liggaam gee mettertyd in. Spanning is slegs 'n meetinstrument
wat die persoon se vreesvlakke toets.
Psigomatiese Versteurings
Die siening dat psigiese prosesse 'n liggaamlike siekte kan veroorsaak,
is so oud soos die geneeskunde self. Indien 'n toestand as psigosomaties
geklassifiseer word, beteken dit nie dat alle gevalle van die betrokke
siekte deur psigiese prosesse veroorsaak word nie. Dit is moontlik dat
die siekte in sekere gevalle 'n suiwer organiese oorsaak kan hê.
Daar word beweer dat + - 80% van alle siektes veroorsaak kan word deur
'n emosionele toestand, met sy oormatige vrese, depressie of teleurstellings,
. ..... Soos ek en u, doen ons goed en poog ons om onder Sy beskerming
te bly; tog ondervind ons in die praktyk dat die mens siek is en huweliksongelukkighede
het en finansieel so sukkel. Sy Bloed is ons borg en onder Sy beskerming
geniet ons vrywaring van Satan se aanvalle.
|
Jos 1:9 Het Ek jou nie beveel
nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want
die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
|
Met hierdie module word u geleer dat vrees nie van God kom nie. Vrees word
gerugsteun deur Satan. Vrees trek n negatiewe mag na u toe terwyl
geloof, die teenoorgestelde van vrees, n positiewe mag na u toe aantrek.
|
Job 3:25 As ek iets vreesliks
vrees, kom dit oor my;en die ding waarvoor ek bang is, kom na my
toe.
|
Oor die sestig maal word u as kind van God sterk vermaan
om nie te vrees nie. Om vrees toe telaat is niks anders as ongehoorsaamheid
aan Sy Woord nie.
Oral Robberts sê "Jy as n mens
het n keuse; of jy kan kies om vrees deel van jou lewe te maak,
of liefde as jou erfdeel". Maar ek stem nie saam nie. As vrees reeds
n houvas op jou het, as die gees van vrees reeds op jou is, dan
is jy n gevangene. Jy het geen keuse meer nie, jy moet iemand kry
wat vir jou kan bid oor jou vrese..
|
2Ti 1:7 Want God het ons
nie n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en
liefde en selfbeheersing.
|

Nicholas
en Juan ons kleinkinders ..wat n wonderlike
voorreg as jou kinders en hulle kinders die Here aanbid. |
| Terug na bo
|
Module
vier
Oorkom verwerping - Maskers wat mense dra
Oorweeg
hierdie vrae...
- Word u gevoelens maklik seergemaak?
Ja/Nee
- Sien u kwetsing waar dit nie
bedoel is nie? Ja/Nee
- Vertroetel u gekwetste gevoelens?
Ja/Nee
- Is u gereeld daarop uit om uself
en andere te regverdig? Ja/nee
- Moet u spesiaal uitgenooi word
vir deelname aan aktiwiteite waaraan ander vrywilliglik sal deelneem?
Ja/Nee
- Kruip u in u dop en vind u dit
moeilik om met ander te deel? Ja/Nee
- Praat u baie sonder om te openbaar
wat u regtig dink? Ja/Nee
- Het u n behoefte aan komplimente
maar u hoor hulle nie? Ja/Nee
- Verwag u om oor die hoof gesien
te word? Ja/Nee
- Verwaarloos u u voorkoms of
spandeer u daagliks te veel energie daaraan? Ja/Nee
- Verkleineer u uself of spog u te veel?
- Ondervind u probleme om projekte
te voltooi waarmee u begin het? Ja/Nee
Ja = 2
Nee = 0 Totale punte
Al het u net een "ja" gekry is dit voldoende
bewys dat u seer gekry het of verwerp is/was in u lewe.
Verwerping en teleurstellings en skokke bring dieselfde
simptome mee. Dit is uiters noodsaaklik om te kan onderskei tussen die
wortel van die probleem en die simptome om effektief die persoon te kan
help.
Rebellie, minderwaardigheid, verbittering is almal nagevolge en dan volg
gewasse en kanker op die simptoom se hakke.
Verwerping is nie 'n sonde nie. Wat moet dan bely word?
Dit help nie om die rebellie aan te spreek nie, nee die wortel moet verwyder
word!
Ons is vyf seuns. Ouboet was die opstandige een, ek die
verbitterde, die ander het geen verantwoordelikheidsin gehad nie en 'n
ander het sy heil in drank gevind. Ons almal het die selfde wortelprobleem
gehad nl. verwerping.
My Pa moes die pot aan die kook hou en was altyd op afloswerk
gewees, nooit was hy daar nie, en ons het gedink hy was nie lief vir ons
gewees nie. Altyd was ons gedreig met 'n Pa wat julle sal kom regsien,
as hy eendag huis toe kom
n Verworpene is geneig om op eie krag te steun
of op die insig van n andere.
'N VERWORPENE IS GENEIG OM OP
EIE KRAG TE STEUN OF OP DIE INSIG VAN ANDERE.
|
Jer 17:5 So sê die
HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm
maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
|
Dit is hier waar die probleem lê. Dawid staan voor
Goliat en vir geen oomblik maak hy staat op sy eie krag of op die beloftes
van koning Saul nie. Nee hy sê vir die reus "Ek kom na jou
toe in die Naam van die Here my God en my Verbondsgenoot"
Om op eie krag te steun spreek van n opstandigheid in u midde wat
grens aan rebelsheid teen oor die Here.
|
Jer 17:7 Geseënd is
die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.
|

Wie het ons ooit geleer om
kinders groot te maak?
Maar genesings moet eers begin by Pa en Ma |
| Terug na bo
|
Module
vyf
Oorkom depressie - Die verskil tussen 'n koning en 'n boemelaar
Daar
is min mense wat nie kan getuig van daardie gevoel van neerslagtigheid,
twyfel en pessimisme wat van tyd tot tyd op hulle toesak nie.
Ander woorde wat ook gebruik word om die toestand te beskryf, is neerslagtigheid
en bedruktheid.
Die voorkomssyfer van depressie is in der waarheid so hoog, dat dit as
"the common cold of mental illness" bestempel word. Die belangrikste
kenmerke van depressie is n gevoel van intense neerslagtigheid.
Hierdie depressiewe gevoel kan wissel van n relatiewe
ligte melancholie tot n gevoel van totale hulpeloosheid, wanhoop
en eensaamheid.
Depressiewe persone huil maklik en veral by meer depressiewe persone word
die sogenaamde hulpeloosheid of hopeloosheidsindroom dikwels aangetref;
n gevoel dat alles verlore is en dat niemand hulle meer kan help
nie.
Daar word gereken dat ten minste 60% van alle selfmoorde
se wortel gesoek kan word by depressiwiteit. Twee derdes van ons kinders
wat seksueel gemollesteer word lei aan skuldgevoelens. Dit is juis hierdie
kinders wat 'n skuldgevoel het wat as boemelaars deur die lewe gaan en
almal misbruik hulle.

| Ons skoonseun wat soos
ons eie seun is .. wees goed vir jou skoonseun dan sal hy goed wees
vir jou kind en jou kleinkinders |
|
Heb 9:14
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die
ewige Gees sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie
werke om die lewende God te dien.
|
Hierdie gevoel van mislukking kan aanleiding gee tot
n gevoel van wantroue teenoor jou Maker.
Skuldgevoelens is in die meerderheid die oorsakende probleem van neerslagtigheid
met sy gepaard gaande simptome. Bely jou oortreding en ontvang permanente
genesing. Het Dawid nie oortree nie?
Was die gevolge daarvan nie angswekkend nie? Eerstens verloor hy sy seun
en dan word hy verjaag uit sy koninkryk deur Absalon sy seun. Die profeet
spreek hom aan oor sy oortreding en Psalm 51. Dawid se bekeringsuitroep.
Here neem tog nie U Gees van my weg nie, was my met hissop. Reinig my
van my oortredinge. Dan kom sy genesing en n nuwe lewe, die resultaat.
| Terug na bo
|
Module
ses
Hoogmoed
Die
woordeboek omskryf die woord nog verder deur te sê dat trotsheid,
verwaandheid, opgeblasenheid, n abnormale gevoel van eiewaarde,
ook gebruik kan word.
Snaaks genoeg verklaar die woordeboek ook dat hoogmoed tot n val
kom.
Pride op sy beurt kan beskryf word as boast of
as vainglory, selfs as puffed up of haughtiness.
In die boek van Spreuke word verkaar dat trotsheid voor verbreking kom
en hoogmoed (a haughty spirit) voor die val. Egosentries en selfregverdigendes
is ook verdere verwysings na die manifestering van hoogmoed. Eie eer,
domineer, ek en ek alleen, kan mense nie verdra nie.
Wat sal God maak met 'n persoon wat hoogmoedig is?
In die boek van Jesaja gee God die versekering dat die hoë oë
van die mense verneder sal word en hulle sal neergebuig word. Vernedering
sal volg (neerbuig of buk, buig, oorgee of enigiets wat afwaarts
gekrom is, soos die hoof of die liggaam) Die persoon sal tot n val
kom
trotsheid kom voor verbreking en hoogmoed kom tot n val.
Godsdeinstige Hoogmoed (of Onheilige of Geestelike
hoogmoed)
Hierdie tipe hoogmoed weier om op God te vertrou en om aan Hom te onderwerp.
Hierdie selfde hoogmoed ontneem God Sy eer en neem die eer aan vir homself.
Hierdie sonde, wat n gruwel is voor God, word ook genoem die wortel
van alle sondes.
Hoogmoed was die eerste keer geopenbaar toe Satan homself verhef het oor
God en Sy plek wou in neem as God van die heelal
Hulle wat hul
nek verhard teen God se Woord, speel met vuur.
Onderwerping aan gesagsfigure is n instelling van God, hetsy by
die kerk of in die huwelik. Satan wou homself nie aan God onderwerp nie!
Hoogmoed lei mense tot
Hulle weerstand en verwerping van God se Woord en Sy
Bedienaars. Haman het in hoogmoedigheid op die Jood neergekyk.
Mórdegai het hy verag en in sy komplot teen die Jood het hy tot
n val gekom. In sy eiewaan en in sy selfverheffing is hy gehang
aan die galg wat hy vir sy vyand opgerig het.
Hamman word nie net verneder deur die dood nie, maar hy moes ook nog voor
die hele stad vir Mórdegai verhef. Sy hoogmoedigheid het gelei
tot sy vernedering.
|
Jeremia 43:2 ..... en al
die vermetele manne het gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek
onwaarheid; die Here onse God het u nie gestuur nie ...
|
| Terug na bo
|
Module
sewe
Konings en priesters - Oorkom finansiële probleme
Vriend,
een ding verstaan beide van ons maar al te goed, en dit is dat ons teenstander
daarop uit is om ons skade aan te doen. Maar ons is vas daarvan oortuig
dat onse God by magte is om ons uit elke moeilike omstandigheid te verlos.
As vriend bied ek vandag my dienste aan jou, en wil dit baie sterk beklemtoon
dat ons bereid is om te eniger tyd jou kragtig by te staan met raad en
gebed.
Ons totale belang by jou is; "jou voorspoed" Een saak wil ek
graag beklemtoon; onderwerp jou aan God, volg Sy riglyne en hou nougeset
by Sy Woord, moet nie links of regs daarvan afwyk nie, gee geen plek aan
Satan nie.
Mag die Here jou ryklik seën op hierdie nuwe pad van finansiële
voorspoed.
Die Woord beklemtoon dat as jy jou hand aan die ploeg slaan en nie agtertoe
kyk nie, sal dit voorspoedig gaan met jou.
Isak saai
te midde van 'n langdurige droogte, almal vlug weg, dier en mens sterf,
maar op God se belofte saai hy sy saad in daardie dorre land in, menslik
gesproke is daar geen hoop geen kans om enige oes te kry nie, dit word
begrawe in die droë uitgedorde aarde, maar Isak weet dat God by magte
is om lewe voort te bring.
Isak maai aan die einde van daardie seisoen 100 keer
meer.
Vir elke saad wat hy geplant het kry hy 100 terug.
|
Annatjie my Huweliksvennoot deur
dik en deur dun.
|
Die woord sê dat die geloofsdaad van Isak het van hom die rykste
inwoner gemaak.
Siele is die primêre opdrag van onse Here en hier
moet die grootste persentasie van die geld gespandeer word.
Dit is uiters belangrik om u offerandes te bring waar
siele vir Hom bereik word.
Dit is u geld en u het 'n reg om te weet hoe dit verdeel word. Dit is
u saad en u is verantwoordelik vir 'n goeie oes. Geen boer gaan tog goeie
saad wat hy swaar verdien het op swak grond saai nie.
Vrede vir jou: Louis de Kock
N.s. Let dan daarop, hoe die Here jou van hierdie dag
vorentoe gaan seën, was Sy Woorde aan my, terwyl ek afgesonder het.

| As die Here dit vir ons
kon doen hoeveel te meer nie vir u nie? |
|
Psa 23:1 n Psalm van
Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. .. Net goedheid
en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis
van die HERE bly in lengte van dae.
|
Die Psalm som God se liefde en Sy besorgdheid vir ons
op. So lief het Hy jou dat Hy vir jou wil seën en versorg en bewaar
en gesond hou. Niks sal jy in tekort ondervind nie want Hy is mos jou
herder.
| Terug
na bo |
Module
agt
U is God se verteenwoordiger - Reinig dus jou land

Die Seminaar of boek bou op na die hoogtepunt toe. Teen hierdie tyd is
ons gereed om uit te roep soos Elia "Antwoord met vuur Here, antwoord
met vuur sodat die Christen kan weet wie God is?"
Dit is ons visie. Dit is ons uitroep.
Dit is ons begeerte, Here kyk na hulle dreigemente, Here gee ons om met
vrymoedigheid om U Woord te verkondig.
Petrus lig die verlamde op en sy woorde was "Goud en silwer het ek
nie maar staan op in Jesus Naam." Die paraat maak van elke gelowige
tot diensbaarheid deur God se Gees. Dit is ons doelwit.
As My volk hulself sal verootmoedig ... as My volk net hul knieg wil buig
Deurdat hierdie kursus geheel en al konsentreer op die
heelmaking van die persoon se sielsdimensie, kry n mens baie goeie
en ywerige soldate teen die einde van die aanbieding. Wat ons volk lamlê
is onderandere vrese en minderwaardigheid en rebelsheid en onkunde en
neerslagtigheid.
Met vergifnis en belydenis en vasting en kennis word die jukke gebreuk
en n nuwe geesdeurdronge kind van God meld hom aan om hulle deel
te doen in die uitbreiding van Jesus se koninkryk op aarde.
|
2Ch 7:14 En my volk, oor
wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig
soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék
uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
|
Hoe infitreer Satan 'n gebied?
Satan d.m.v. sy trawante syfer die kerke binne en ook so die dorpe. Geldgierigheid
van die mens en om tog iemand besonders te wees is baie keer die lokaas
wat Satan gebruik om sy planne te laat seëvier.
|
Isaiah 59:19 When the enemy
shall come in, like a flood the Spirit of the LORD shall lift up
a standard against him.
|
Wat kan ons doen om hom te weerstaan?
Verseker verdryf lig duisternis. Maar as die sout laf geword het, beteken
dit niks nie. Daarom is dit uiters belangrik dat die kerk sy stand sal inneem
en sy lig laat skyn.
Al die outoriteit is aan u gegee, gaan en doen Sy werk
en die belofte van alle mag en krag sal oor jou kom.
|
Mar 16:15 En Hy het vir hulle
gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie
aan die ganse mensdom.
|

| En julle kinders
moet geleer word |
| Terug
na bo | |