OOR ONS
Wie is Eagles Nest?
| Bestuursraad |
L. de Kock |
| |
A. de Kock |
| |
N. Verster |
| Adviseurende raad |
Past L. Crause |
| |
Past. C. Haupt |
| |
K. Roodt (rekenmeester) |
| |
J. Tromp (prokureur) |
Hierdie
Bediening is gestig in 1989 as 'n nie winsgewende organisasie met 'n bestuurspan
wat teenoor die Here verantwoordelikheid aanvaar het.
Beide Louis en Antjie is geskool in Pastorale Sielkunde
en vir die afgelope 20 jaar is hulle betrokke by kerke en individuele
konsultasies.
Hulle besoek gemiddeld veertig kerke per jaar en spandeer elke week tenminste
twintig uur in Gemeentelike oprigtingswerk.
Naastenby het sowat vyftigduisend mense hierdie boodskap gehoor.
Louis en Annatjie het saam n twee jaar Bybelkollege
voltooi en vir drie jaar was hy ook hier betrokke as Dosent.
Sielkundige opleiding by UNISA en 'n verdere opleidingsperiode
by die A.G.S. se Bybelkollege.
Louis is geordineer deur beide
die IFCC en die A.G.S. Kerk.
Vir sewe jaar het hulle Beradingskantore in Tzaneen, Roodepoort en Zeres
gehad, waar derduisende mense verlossing ontvang het.
Vir die afgelope agt jaar reis hulle oor die lente en breedte van die
land om n boodskap van herlewing en versoening te verkondig geskoei
op die Metamorfose Simposium.
Hulle Leerskool was dus nie net Teoreties nie maar ook baie Praktiese
blootstelling.
Uit hulle gebrokenes het genesing voortgevloei.

|
Bondgenote vir 32 jaar. Een verslaan
'n duisend maar twee in eenheid 10,000!
|
Die totale Metamorfose Seminaar is geskoei op hulle
en hulle gesin se wedervaringe.
Maar bo alles kan niks naastenby God se Woord vervang nie.
Moet nie die inwerkende krag van God se Gees agterweë laat nie en Genade
vorm die grondslag.
Ons visie en ons missie en ons totale lewe word saam gevat in die skrifgedeelte
waar Jesus ook die ere gee aan die Heilige Gees.
|
Luk 4:18 Die Gees van
die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die
armes te bring.
Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees; om
aan gevangenes vrylating te gee, aan blindes herstel van gesig;
om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename
jaar van die Here aan te kondig
|
"DEO GLORIA aan God die eer"
My Getuienis
Louis gebore in
48, weer gebore in 72 en eers in 1989 geleer om sy sielsdimensie in toom
te bring met behulp van die Heilige Gees.
Tot en met 1989 het
ek geworstel met minderwaardigheid en vrese en verbittering en die kerk
het gesê daar is fout met my wedergeboorte.
Dit was en is nog steeds onder sekere kerkgroepe
n algemene gedagte; dat sou n persoon tot inkeer kom, dan
verander sy totale wese m.a.w. sy gees, siel en liggaam.
Maar in my geval - en het ek ook geleer van die duisende mense wat ons
al besoek het - was dit nie die geval nie. Vrees en minderwaardigheid
en n verbittering was deel van my lewe.
Die een dalk meer sigbaar as die ander en hierdie drie het my lewe beïnvloed.
|
Die gees van die mens word wel deurweek
met God se Gees; hier vind n totale metamorfose plaas, maar
die liggaam en die sielsdimensie moet nou veranderings ondergaan.
+- 80% van al ons siektes kom van emosionele probleme af. Die sielsdimensie
huisves ook die emosionele en hier vind ons geveg plaas.
|
In 1980 het ek besluit om verder te gaan
studeer in sielkunde, met die uitsluitlike motivering om van die probleme
in my lewe ontslae te raak, maar met min sukses.
Deur middel van die driejarige studie, kon
ek meer leer aangaande my probleem, maar oplos, dit kon ek nie. Gedurende
1984 is ons na n Bybelkollege vir verdere Teologiese onderrig. Teen
hierdie tyd was ons alreeds in die Bediening. Tussen 1984 en 1989 was
ek ook werksaam in die Bybelkollege as Leraar, maar my emosionele probleme
wou nie wyk nie.
In radeloosheid het ek een oggend voor die Here gekom en uitgeroep om
hulp - dit was in 1989. In n oogwink het my vondasiestene (sielsdimensie)
voor my verskyn ..... soos n prent wat afspeel het die Here aan
my n openbaring gegee. Duidelik soos in n tweegesprek het
ek bewus geword van Sy teenwoordigheid.
Met al my sintuie geheel en al geokkupeer
deur Hom, kon ek duidelik sien dat my probleme (in my sielsdimensie) lank
reeds voor my wedergeboorte ontstaan het.
Met latere openbaringe kon ek vasstel dat van die probleme voor my geboorte
al sy beslag gehad het. Dit is hier waar ons Bediening begin het ... Vanaf
1989 het ons letterlik duisende mense beraad wat belas was met soortgelyke
probleme en vele meer. Mense is genees, nie net van siektes soos kanker
en hartprobleme (psigosomaties) nie, maar ook in hulle huwelike, in verhoudings
met ander, met hulself en ook met die Here.
Ek sal die kursus aan almal wil voorhou
... almal wat smag na n beter verhouding met die Here. As u vandag
hier is vir n siekte, n emosionele/sielkundige probleem, n
huweliks probleem, n probleem wat u ondervind met u kinders of as
u net n behoefte het om nader aan die Here te kom .. is u by die
regte plek ... die Here gaan u aanhoor en u genees. Ons kan u help! U
moet besef dat soos u uself aan die Here en Sy Woord gaan onderwerp, Hy
en Hy alleen u kan verlos van welke probleem ookal.
|
Rom 12:2 "En word
nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander
deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat
die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."
|
Die Here antwoord almal wat uitroep na Hom, as u gewillig
is, gaan die Here u ook antwoord.
Vrede vir u!
Louis J. de Kock.
N.S. Paulus sê, "Mag u wees waar ek is, maar
sonder die boeie." My gebed: Mag u aangaan waar ek ophou en mag daar
n dubbele salwing op u lewe wees!
|
Heb 4:12 "Want die woord
van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard,
en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte
en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes
van die hart."
|
|