Module G – Konings en Priesters: Finansies

R 350.00

Handleiding en DVD ingesluit

  • God wil hê dat jy voorspoedig moet wees, sodat jy die evangelie kan verkondig. Hoe opereer ‘n gedane soldaat, een wat belas is, gejuk is met skuld en siektes? Nee, duisend maal nee!
  • Hoe kan ek vir die Gemeente preek en hulle aanbeveel om hulle tiendes te gee en kyk ekself het ‘n gebrek. Hoe kan jy vir jou broer sê maak so en maak sus en dit werk nie vir jou nie? Wel dit was my dilemma. Hoekom moet ons so sukkel met ons finansies, Here? Toe die uitkoms.
  • Die Here sal altyd ‘n plan gee, doen dit net. As die Gees sê links moet nie regs gaan nie.
  • Ons is moeg van net pap eet ons soek nou ook ‘n stukkie vleis. Terwyl ons God nie gedien het nie, het dit beter met ons gegaan, maar noudat ons Hom dien is dit net swaar en moeilik. Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte,  en die Here het Hom vervies oor die ondankbaarheid van die mens.
  • Rekenskap word vereis – raamwerke om u begroting te korreleer. Blokasies wat u verhinder om suksesvol te wees en belydenisse na voorspoed.

Hierdie selfhelp kursus gaan u help om doelgerig finansieel suksesvol te word en om ander te bedien met wysheid.