Trousweer… is nie perdekoop nie

R 350.00

Slegs handleiding

  • ‘n Perd kan gebring word tot by die water, maar drink moet hyself. Vergifnis begin by ‘n gewillige hart. Maar eers moet ‘n fondasie geskep word. As ‘n mens insig rondom die situasie kan opbou dan kan rasionele besluite geneem word.
  • Hoekom tree die persoon so op en waarom raak u altyd deurmekaar met mense wat so maak, en hoekom reageer u so as die persoon dit doen, en wat is die nadraai sou u die verkeerde besluite neem?
  • Emosionele bagasie bring verwonding mee en verhinder eenwording in die huwelik maar interaksie, konflikte, kommunikasie, verwyte, bakleiery, bring genesing voort … dit is nie maklik nie en nog nooit het enige huwelikspaar –heiden of christen- dit vrygespring nie.
  • “Nakedness’ spreek van geen versteekte agendas, geen onderlegde vrese en skuldgevoelens en newe effekte van verwerping nie. Heel mense en gesonde mense is God se plan vir die huwelik en dit gebeur nie oornag nie, dit is ‘n proses en beide pare moet noodgedwonge daar aan werk. Trou is verseker nie ‘perdekoop’ nie.

Met hierdie boek gaan u uself kan evalueer en ook vastel waarom u huweliksmaat so optree. Verseker is daar baie kursusse oor die huwelik maar die een gaan u anders laat dink.