Beradingsessies

Dr. Louis [DTh] en Annatjie de Kock

Dr. Louis [DTh] en Annatjie de Kock is beide geskool in Pastorale Sielkunde en werk as Leraars landswyd in verskillende denominasies. Gedrewe deur God’s Gees bied hulle die Metamorfose Seminare aan om mense te help om van hulle emosionele bagasie ontslae te raak.

Tans is hulle voltyds betrokke in hulle Spreekkamers te Ondekkerspark in Roodepoort. Naweek Seminare in Pastorale Berading word ook perodiek aangebied.

Ons volg ‘n holistiese benadering wat die gees en siel en die liggaam as ‘n funksionele eenheid, interafhanklik van mekaar, hanteer, wetend dat God die Skepper van die mens is.

Emosionele Letsels

Almal van ons het dit, word gevorm in die geheue basis. Tydens die eerste nege maande in utero, kan die moeder en vader alreeds d.m.v. hulle gedagtes en emosies ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. Daar word gereken dat die eiersel ses ure na konsepsie alreeds gevoelig is vir die beïnvloeding van die ouers. Reeds kan hierdie kind ervarings meemaak van verwerping of vrese of skuldgevoelens wat permanente letsels nalaat in sy geheue basis. Daar is drie verskillende letsels -die Bybel noem dit ‘bome’- [m.a.w. bome Luk.6:44] wat tot ‘n mindere of meerdere mate geaktiveer word deur stres. Elke letsel het sy eie simptome- die Bybel noem dit die werke van die vlees. … [m.a.w. vrugte Gal.5:19]

Ons Benadering tot Berading

Die Drie Bome

1. VREES sy vrugte is: Kan nie konsentreer nie… Verward… Beneuk… Befoeterd ens. en die Verwante siektes… hartaanvalle… spastiese kolon… hoofpyne ens.

2. VERWERPING sy vrugte is: Rebels… Verbittering… Swak selfbeeld ens. Die verwante siektes… Kanker… Artritis… Suikersiekte…

3. SKULDGEVOELENS sy vrugte is: Depressie… Selfmoord gedagtes… en hierdie persone word geteiken om gemolesteer te word.

Ons Help…

  • Mense wat selfmoord neigings het
  • Mense wat jaloers is of nie meer kan vertrou nie
  • Mense wat sukkel met die nagevolge van seksuele molestering
  • Kinders met leerprobleme
  • Mense wat siek is
  • Huwelikspare wat kinderloos is
  • Mense wat geteister word met bonatuurlike geestelike verskynsels
  • Mense met huweliksprobleme
  • Mense wat slapeloos is
  • Dwelms gebruik
  • Mense wat oorgewig of ondergewig is
  • Vrouens wat ‘n aborsie begaan het
  • Mense met haarverlies
  • Mense wat traumatiese ondervindings nie kan verwerk nie
  • Mense wat angsaanvalle kry
  • Mense met depressie
  • Mense wat vrese het
  • Mense met finansiële probleme
  • Mense met geestelike probleme
  • Mense met pornografiese verslawing

En meer.

Ses uur na konsepsie…

Berading Sessie

Wat ander sê:

Luister aanlyn

Kontak Vorm