Oor Ons

Louis-de-Kock-Familie

Dr. Louis en Annatjie de Kock (voor) saam met familie

Aangename Kennis

Dr. Louis [DTh] en Annatjie de Kock is beide geskool in Pastorale Sielkunde en werk as Leraars landswyd in verskillende denominasies. Gedrewe deur God’s Gees bied hulle die Metamorfose Seminare aan om mense te help om van hulle emosionele bagasie ontslae te raak.

Huidiglik Is hulle voltyds betrokke in hulle Spreekkamers te Ondekkerspark in Roodepoort. Naweek Seminare in Pastorale Berading word ook perodiek aangebied.

Ons volg ‘n holistiese benadering wat die gees en siel en die liggaam as ‘n funksionele eenheid, interafhanklik van mekaar, hanteer, wetend dat God die Skepper van die mens is.

Onskuldig in die Tronk:
Die Gees van die Here is op my…
Eer jou vader en jou moeder:

Persoonlike Getuienis van Dr. Louis de Kock

  • Dr. Louis is gebore in 1948, groot geword en getoë in die NG Kerk en kom kragtig tot inkeer in 1972. ‘n Ommekeer vind plaas en ‘n moeisame pad na geestelike volwassenheid begin.
  • Eers geonderrig deur die Baptiste en toe die Charismate se twee jaar diploma, [waar ek in my finale jaar as dosent praktiseer] en daarna die AGS se drie jaar Teologiese Diploma; maar my emosionele probleme wyk nie.
  • Word aangeraai om my wedergeboorte te ondersoek. Want sê hulle “kyk alles het nuut    geword” ja selfs jou vrese en jou verbittering en jou minderwaardigheid; maar dit is nie die waarheid nie. Ja jou gees word vernuwe maar die sielsdimensie met al sy emosionele letsels het spesialis hulp nodig.
  • ‘n Graad kursus in Sielkunde en heelwat diplomas verder bring kennis voort maar geen genesing nie… in radeloosheid roep ek na die Here en sê vir Hom “Here ek voel soos ‘n huigelaar, ek preek vir U mense oor hul huwelike hul kinders hul gesondheid hul finansies maar my eie lewe is in ‘n warboel.”
  • Sewentien jaar na my wedergeboorte antwoord die Here my en ‘n metamorfose vind plaas wat die rigtingaanwyser word vir ons lewens. Eagles Nest Bediening se grondslag word gevorm in 1989.
  • Spreekkamers word gevestig in Tzaneen, Zeerust en in Roodepoort en honderde mense ontvang hul bevryding van elke denkbare emosionele probleem. Seminare volg en vir vyfien jaar deurkruis ons Suid Afrika, Botswana en Namibië.
  • Die Boodskap van verlossing, en genesing en van hoop word in baie gemeentes verkondig. Maande weg van die huis, in koue en in sneeu en verseggende hitte, ja in eensame en in gevaarlike plekke, by vriendelike en soms vyandige Predikante.
  • Geen Sielkundige of Dokter of Predikant kan hiérdie emosionele letsels verwyder nie. Slegs deur Jesus Wonde en slegs deur Sy Bloed word hierdie letsels permanent verwyder.

Getuienisse van hulle wat reeds ‘n metamorfose ervaar het…

“Hulle aanbieding was professioneel en effektief. Sy materiaal is sielkundig en geestelik verantwoordbaar.”
– Raymond Dye, Bethal
“Dit was ‘n wonderlike leersame week. Dankie dat u dit vir ons op so ‘n maklik verstaanbare manier geleer het. Ek verstaan nou ook die dinge beter en dat die oorsaak van die probleem dieper gesoek moet word.”
– Fanny van Zyl
“Hulle is baie afhanklik en gehoorsaam aan die leiding en die openbaring van die Heilige Gees.”
– Past. N. de Klerk, A.G.S. Witbank
“Dit was bevrydend, geseënd en reddend… Ons glo dat julle die land sal rewolusioneer en almal sal inspireer om dit te verkondig.”
– Past. Edwards, A.G.S. Marblehall
“Hy is ‘n Leraar by uitstek wat op Bybelse gefundeerde wyse mense bedien tot vryheid van siektes, emosionele probleme, huwelik’s probleme, finansiële probleme en familie konflik.”
– Past. L. Crause
“Louis en Annatjie is in ‘n goeie stand by die kerk en bedien met groot integriteit en vrug. Hy en sy vrou het jare se ondervinding in berading en die Here het met hulle ‘n besonderse pad geloop.”
– Past. Eben Muller
“Louis en Annatjie is twee Geesvervulde kinders van die Here wat ek met groot vrymoedigheid aanbeveel.”
– Ds. Wynand
“Die totale aanbieding is skrif gefondeer en het die effek dat satan se werke tot niet verklaar word.”
– Past. Pieter
“Al my slegte ervarings het ‘n oorsaak gehad en ek het die oorsaak geïdentifiseer. My hele lewe het verander, my huwelik het verander, my kind het verander. Ek kan vir die eerste keer in my lewe die Woord van God lees en ervaar dat Jesus met my praat. Selfs ons finansies het reggekom.”
– Monika Fourie
“This week also enabled most of us to face and deal with issues that had been holding us in bondage for years.”
– Past. F. Scheepers, A.F.M. Parkside
“I strongly recommend this Seminar and the excellent teaching material available to other congregations who are seeking revival and breakthroughs regards to a live of holiness.”
– Peter Loots
“Hy het van die begin die outoriteit van die kerk en die kerkraad erken… ons kan hulle beslis aanbeveel as Geesvervuklde, suiwer verkondigers van God’s Woord.”
– Ds. Greame
“Hy is ‘n leraar by uitstek wat op Bybelse wyse mense bedien tot vryheid van siektes, emosionele probleme en finansiële krisisse.”
– Past. Drievus
“Die aanbieding word so uniek onder die leiding van die Heilige Gees aangebied dat die vrug van genesing spontaan na vore kom.”
– Past. Dries
“Louis se omgang met die Woord is besonders gebalanseerd en getuig van sy liefde en respek en inspraak van die Heilige Gees.”
– van Schalkwyk, Marydale
“Kinders word reeds gebore met ‘n bloeiende maagseer wat vrees verwant is. God se Woord is die oplossing vir al ons probleme.”
– Dr. Marlene Oosthuizen