Bemagtig ‘n Ander Self-Help Beradingskursus (Korrespondensie)

Ons Beradingskursus is Bybel gefundeerd en Gees geïnspireerd.
Help uself om ander te help.

Voltooi in die gemak van u eie huis.

  • Nie SAQA geregistreer, maar u as leraar kan dadelik begin met ‘n spreekkamer.
  • Met die voltooing van ‘n module kan u onmiddelik ander mense help.
    Ongeveer 20 dae per module.
  • Teorie en prakties.
  • Eenvoudige effektiewe benadering.
  • Ontvang sertifikaat na voltooiing.

Wat maak hierdie kursus uniek?

  • Baie praktiese toepassings en oefeninge wat gebaseerd is op u nuutgevonde teoreties insig.
  • Gees geïnspireerd, skrif gefundeerd met ‘n sielkundige grondslag.
  • ‘n Holistiese benadering wat die interaksie behandel tussen die gees van die mens en sy liggaam en sy siel’s dimensie.
  • Vervul so u doel op die aarde – word ‘n sielewenner duisend!
  • Myns-insiens is die kursus ‘n moet vir elke gelowige en gaan u ‘n vernuwing ervaar in u verhouding met die Here.
  • Nie net gaan ons u in staat stel om ander te help, maar uself gaan genesing ontvang van traumatiese gebeurtenisse.
  • Sou u ‘n halfuur/dag spandeer gaan u ‘n module met sy oefeninge in twintig dae baasraak.
  • Ons is ‘n oproep ver en met die e-pos verbinding is ons altyd daar vir u.
  • Dit is nie moeilik nie. Dit verg deursettingsvermoë, ‘n begeerte om ander te help, ‘n gewillige gees en ‘n lus om God’s werk te doen.
Materiaal ingesluit:
  • Modules A-F met 6x gepaardgaande CDs
  • 6x DVDs in werklike beradingsituasies
  • ‘n Metamorfose handboek
  • Teorie met gepaardgaande werkstukke
Materiaal ingesluit:
  • Modules A-H met 8x gepaardgaande CDs
  • Modules A-F soos op KRUISKYK gesien (DVDs)
  • 5x DVDs in werklike beradingsituasies
  • ‘n Metamorfose handboek
  • Teorie met gepaardgaande werkstukke

Bemagtig Uself
Korrespondensie Beradingskursus

Voltooi in die gemak van u eie huis.
Ontvang sertifikaat na voltooiing.

R 3200* eenmalig

Koerier koste R130

 

Sou u net eers uself wil help en dan later oorweeg om ander te help, is hierdie kursus ‘n verkorte weergawe van die Bemagtig ‘n Ander Kursus. M.a.w. u kan begin met die Bemagtig Uself Kursus en sou u later die Bemagtig ‘n Ander Kursus wil doen, is u baie welkom.

*BETALING:

Ontvang 10% afslag op eenmalige betaling of afbetaling kan gereël word. Byvoorbeeld: Oor n periode van 10 maande betaal u R320 per maand. U ontvang die relevante materiaal, werkstukke en videos per e-pos.

Bemagtig ‘n Ander
Korrespondensie Beradingskursus

Voltooi in die gemak van u eie huis.
Ontvang sertifikaat na voltooiing.

R 5200* eenmalig

Koerier koste R130

 

Die Bemagtig Uself Kursus dien as die basis van die Bemagtig ‘n Ander Kursus en is ideaal om uself te help en dan ook om ander te kan help. U kan direk met die Bemagtig ‘n Ander Kursus begin as u alreeds vorige kursusse gedoen het of bekwaamd voel om mense te kan help.

*BETALING:

Ontvang 10% afslag op eenmalige betaling of afbetaling kan gereël word.

Kursus Inhoud

Pastorale Sielkunde. Die interaksie van gees, siel en liggaam en die inpak van wedergeboorte. Die onstaan van emosionele letsels. Verskillende Spesialiteit-velde en hul benadering tot genesing. Vier stappe na vergifnis. Stres en die inpak op u geheuebasis. Liefde en sy aantrekkingskrag. Newe effekte van emosionele letsels in verhoudinge.

Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,

Okkulte en die gepaardgaande vloeke wat dit meebring. Huweliksprobleme, siektes, finansiële druk en baie ander ongelukkighede kan hier ontstaan. Verskillende benaderinge na genesing. Rolspelers en die New Age beweging. Satan is magtig maar nie almagtig nie. Word bevry van die onskuldige praktyk en geniet n kwaliteits lewe

Duet. 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat met waarsêery, goëlery

Vrees het sy eie persoonlikheid. Leerprobleme, verward, kan nie konsentreer nie. Job se val was direk gekoppel aan vrees. Vier bevrydings metodes en die gees van vrees. Die wapenuitrusting en u vryheid. Saul se bose gees. Humeurig, beneuk, krities, en psigosomatiese siektes (asma, spastiese dikderm, dimensie ens.)

Josua 1:9 Het ek jou nie beveel nie .. wees nie bevrees of verskrik nie

Verwerping en sy oorsprong. Maskers wat ons dra om te oorleef. Vertakkinge is: rebellie, minderwaardigheid, ontvlugting Sommige verwante siektes is kanker, gewrigsontsteking en suikersiekte. Ten minste 80% van alle siektes spruit voort uit ‘n emosionele probleme.

Jer. 17:5 Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.

Owerspel en Dawid se vernedering. Skuldgevoel en ʼn passiewe gees. Depressie, selfmoordgedagtes en molestering. Statistieke sê dat ons land die hoogste molesteringsyfer in die wêreld het. As u gees passief is, gaan selfs die doel van die lewe vir u sinneloos wees. Egbreek, pornografie, jaloersheid en geen vertroue. Bevryding is ʼn gegewe deur Jesus Bloed.

Spreuke 18:14 Die gees van ‘n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ‘n verslae gees – wie kan dit opbeur?

Die oersonde: hoogmoed. Dit was ook die val van baie van ons geloofshelde. Toets uself . Godsdienstige hoogmoed. Hoogmoediges in die Bybel. Vasting die sleutel na volkomenheid. Ester en Haman se vernedering. Manifestasies van hoogmoed. Die verbreking en ʼn geestelike deurbraak. Verhoging na vernedering.

Isa 58:8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.

Hierdie werklike beradingsituasies sal u voorberei om ander ook te beraad. Hier is ‘n paar voorbeelde van die video materiaal wat ook ingesluit is by die kurses materiaal.

Berading Sessie Module A

Berading Sessie Module B

Berading Sessie Module C

Berading Sessie Module D

Berading Sessie Module E