Oorkom Jou Vrese

Vergewe is die sleutel tot ‘n volwasse lewe, MAAR die angstigheid [gif] moet verwyder word.

Om vry te kom moet u die volgende verstaan:

  1. Dat vrees nie van God af kom nie – dit kom van jou aardsvyand.
  2. Dat hierdie vrese van u het ‘n dryfveer – aangedryf deur ‘n ‘gees van vrees’ wat u wil vernietig.
  3. Dat jou vrese alreeds kon ontstaan voor geboorte. Hierdie letsel op u geheuebasie word elke geaktiveer as u ‘n soort gelyke ervaring ondervind.
  4. Dat stres die aktiveerder is. Sodra u dus onder druk geplaas word, word die ‘emosionele letsel’ geaktiveer en die vrug/simptome van die ‘boom’ kom te voorskyn.
  5. Dat medikasie en drank en rook en dagga en oefening wel die ‘druk’ gedeeltelik kan verwyder. Is ‘n gegewe, maar die letsel/boom moet verwyder word.
  6. Dat slegs die Here die ‘emosionele letsel’ kan verwyder… Die woord verklaar “hoeveel te meer sal die bloed van Jesus jou gewete/sielsdimensie reinig van dooie werke/emosionele letsels, sodat u die evangelie kan verkondig.
  7. Dat belydenis is van kritieke belang – m.a.w. ek erken my vrees en erken dat U my beveel om nie te vrees nie. Vergewe my Here deur U bloed van hiedie oortreding.
  8. Dat u uself moet vergewe. En Here ek vergewe myself vir wat ek gesê en wat ek gedoen het. Ek verklaar ‘ek wil lewe en ek wil ‘n kwaliteits lewe geniet en ek wil U woord verkondig.’
  9. Ek besef ek moet my gedagtes beheer. Gee satan geen plek in jou lewe nie.

Luister na die Video en Bid Saam

Nou het u ‘n Keuse van Drie