*Neem Kennis: Kursus Modules, Werkboeke en Handleiding sal elektronies aangestuur word, die Werkboeke en Handleiding kan appart aangekoop word per versoek en per koerier gestuur word.*
Meer inligting oor die kursus:
Sou u net eers uself wil help en dan later oorweeg om ander te help, is hierdie kursus ‘n verkorte weergawe van die Bemagtig ‘n Ander Kursus. M.a.w. u kan begin met hierdie kursus en sou u later die Bemagtig ‘n Ander Kursus wil doen, is u baie welkom. Die kursus geld word dan aangepas.
PASTORALE BERADING: Word bevry en bevry andere.
Daar is loon vir die gelowige.
Daar is ‘n vergoedingspakket wat u gaan ontvang in die hiernamaals.
Die kriteria wat gebruik gaan word om die gelowige se werke te beoordeel.
- Die doktrine wat jy verkondig. Wees ‘n dader van die Woord. Wys my jou werke wat voort-spruit uit jou geloof.
- Hoe jy ander gelowiges hanteer. Hoekom sien jy altyd die verkeerde wat ander doen, maar sien nie jou eie raak nie.
- Vleeslike begeertes. Hernuwe nou jou gedagtes. Bedink en doen wat God se Woord verklaar.
- Doen afstand van elke juk wat eventueel skade aan jou kroon gaan veroorsaak.