Bemagtig ‘n Ander Beradingskursus
Bemagtig ‘n Ander is Bybel gefundeerd en Gees geïnspireerd.
Help uself om ander te help.
Dr. Louis [DTh] en Annatjie de Kock is beide geskool in Pastorale Sielkunde en werk as Leraars landswyd in verskillende denominasies. Gedrewe deur God’s Gees bied hulle die Metamorfose Seminare aan om mense te help om van hulle emosionele bagasie ontslae te raak.
Ons volg ‘n holistiese benadering wat die gees en siel en die liggaam as ‘n funksionele eenheid, interafhanklik van mekaar, hanteer, wetend dat God die Skepper van die mens is.
Kursus Inhoud
Die interaksie van gees, siel en liggaam en die inpak van wedergeboorte. Die onstaan van emosionele letsels. Verskillende Spesialiteit-velde en hul benadering tot genesing. Vier stappe na vergifnis. Stres en die inpak op u geheuebasis. Liefde en sy aantrekkingskrag. Newe effekte van emosionele letsels in verhoudinge.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,
Okkulte en die gepaardgaande vloeke wat dit meebring. Huweliksprobleme, siektes, finansiële druk en baie ander ongelukkighede kan hier ontstaan. Verskillende benaderinge na genesing. Rolspelers en die New Age beweging. Satan is magtig maar nie almagtig nie. Word bevry van die onskuldige praktyk en geniet n kwaliteits lewe
Duet. 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat met waarsêery, goëlery
Vrees het sy eie persoonlikheid. Leerprobleme, verward, kan nie konsentreer nie. Job se val was direk gekoppel aan vrees. Vier bevrydings metodes en die gees van vrees. Die wapenuitrusting en u vryheid. Saul se bose gees. Humeurig, beneuk, krities, en psigosomatiese siektes (asma, spastiese dikderm, dimensie ens.)
Josua 1:9 Het ek jou nie beveel nie .. wees nie bevrees of verskrik nie
Verwerping en sy oorsprong. Maskers wat ons dra om te oorleef. Vertakkinge is: rebellie, minderwaardigheid, ontvlugting Sommige verwante siektes is kanker, gewrigsontsteking en suikersiekte. Ten minste 80% van alle siektes spruit voort uit ‘n emosionele probleme.
Jer. 17:5 Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.
Owerspel en Dawid se vernedering. Skuldgevoel en ʼn passiewe gees. Depressie, selfmoordgedagtes en molestering. Statistieke sê dat ons land die hoogste molesteringsyfer in die wêreld het. As u gees passief is, gaan selfs die doel van die lewe vir u sinneloos wees. Egbreek, pornografie, jaloersheid en geen vertroue. Bevryding is ʼn gegewe deur Jesus Bloed.
Spreuke 18:14 Die gees van ‘n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ‘n verslae gees – wie kan dit opbeur?
Die oersonde: hoogmoed. Dit was ook die val van baie van ons geloofshelde. Toets uself . Godsdienstige hoogmoed. Hoogmoediges in die Bybel. Vasting die sleutel na volkomenheid. Ester en Haman se vernedering. Manifestasies van hoogmoed. Die verbreking en ʼn geestelike deurbraak. Verhoging na vernedering.
Isa 58:8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.
- God wil hê dat jy voorspoedig moet wees, sodat jy die evangelie kan verkondig. Hoe opereer ‘n gedane soldaat, een wat belas is, gejuk is met skuld en siektes? Nee, duisend maal nee!
- Hoe kan ek vir die Gemeente preek en hulle aanbeveel om hulle tiendes te gee en kyk ekself het ‘n gebrek. Hoe kan jy vir jou broer sê maak so en maak sus en dit werk nie vir jou nie? Wel dit was my dilemma. Hoekom moet ons so sukkel met ons finansies, Here? Toe die uitkoms.
- Die Here sal altyd ‘n plan gee, doen dit net. As die Gees sê links moet nie regs gaan nie.
- Ons is moeg van net pap eet ons soek nou ook ‘n stukkie vleis. Terwyl ons God nie gedien het nie, het dit beter met ons gegaan, maar noudat ons Hom dien is dit net swaar en moeilik. Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte, en die Here het Hom vervies oor die ondankbaarheid van die mens.
- Rekenskap word vereis – raamwerke om u begroting te korreleer. Blokasies wat u verhinder om suksesvol te wees en belydenisse na voorspoed.
Hierdie selfhelp kursus gaan u help om doelgerig finansieel suksesvol te word en om ander te bedien met wysheid.
- Hoe infiltreer satan ‘n gebied: Nege sleutels wat herlewing gaan inwy.
- Die gebed van ‘n regverdige: Die oplegging van hande en die salwings olie.
- Onderwerping aan gesag en eendragtigheid: Vasting en gebed – dan sal jou lig opgaan.
- Die gebed vir herlewing – die aangename tyd: Word vervul met die Heilige Gees.
- U offerande: ‘n teken van u liefde: Reinig die land; breek af die onheilige plekke.
- Verseker kan u iets doen om jou huis terug te vat uit elke strik wat satan gespan het. U as verteenwoordiger van God het die outoriteit om sy verduistering te breek oor u huis.
Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om herlewing in u wese te ervaar en om u gebied te reinig.

Bemagtig ‘n Ander
Korrespondensie Beradingskursus
*Neem Kennis: Kursus Modules, Werkboeke en Handleiding sal elektronies aangestuur word, die Werkboeke en Handleiding kan appart aangekoop word per versoek en per koerier gestuur word.*
Plus agt audio leringe word gestuur oor elke module (elektronies op u selfoon).
*Voltooi in die gemak van u eie huis.
Ontvang sertifikaat na voltooiing.*