Getuienisse

KATARINA MARIA BRIT

Op 5 Mei 1992 word ek deur die Gees deurweek nadat ek op God se roepstem geantwoord het. My geestelike reis se vlamme
brand hoog, en ek dien die Here voluit maar kom nooit tot op die punt om te bedien nie. Mettertyd het ek nie meer die vrug van die Gees in my ervaar nie en het meer tyd met Vader spandeer. Later aan net geleef met die wete dat ek n Koning se kind is. Erge storms soos my kind wat weggeloop het van die huis af, my eie gesondheid wat agteruitgegaan het, het ek die splinter in ander se oë raak gesien maar nie die balk in my eie oog nie, daarom kon die Here my nie gebruik nie, want MY KRUIK HET AANHOUDEND LEEGGELOOP!!!! Dit het moeite geword om God se riglyne streng na te volg. Tot op die more van 14 Sep 2018, het my hele wêreld inmekaar getuimel. Ek was beangs, het verwerp gevoel en baie skuldgevoelens het deur my vleeslike sisteem gedruis. Ek het waarlik gedink die dood is my uitkoms!!!!Elke plan wat ekself gemaak en beraam het en in elk geval net vir 1 minuut gehou. Ek roep uit na God en vra Here, Here waarom het U my verlaat? Deur die hulp van Dr. Louis se begeleiding herstel ek op my siels dimensie wat n oop deur vir satan was waardeur hy kon werk om my te vernietig. Ek vra vergifnis, ek skenk vergifnis aan hulle wat my vrees veroorsaak het, verwerp en skuldig laat voel het. Gedurende my stil word tyd bevestig Vader my roeping en bediening deur sy Woord waar dit opgeteken staan in 2 Kor 6:1-10. “IGNITE YOUR FIRE IN ME” ……….lerings kamer word gebore waar alreeds hope mense heel en vry gekom het op hulle stukkende siels dimensie.
Vandag eer ek Vader vir die werk wat Hy In Dr. Louis en Annetjie se lewe verrig het, daarom kan ek hierdie kursus vir enige iemand aanbeveel. Die kursus het my gehelp om van die tentakel van verwerping vir eens en altyd klaar te maak, asook om sonder enige skuldgevoelens te leef!!!!!

Issie Venter

Goeie dag Dr Louis en
Annatjie Baie dankie vir die uitstekende kursusse wat ek kon bywoon. My getuienis is as volg. Elkeen van die modules het in n groot mate openbaring en Vryheid aan my gegee. Maar die verwerping was vir my die grootste om mee te deel. Toe ek die brief begin skryf het, kon ek nie ophou nie en het ek weer besef hoeveel keer ek verwerp is en ek het geëindig by 8 volle bladsye. My emosies was vol en dit het uitgeborrel van al die seer. Maar toe ek klaar was met die brief en dit gebrand het ,het n ander lewe in my opgevlam en ek kon anders kyk na verwerping en weer besef maar God se opinie van my is belangrik en nie mense sin nie. Ek het voorheen gedink maar wat dink die mense van my en nou kan ek net die waarheid glo en opstaan in Christus wat my die krag gee. Daar is net een punt om by te begin. .en dis by jouself. Amen Weereens baie dankie vir die kursusse, Dit is voorwaar verrykend.

Jeanette Coetzer en Andre Malan

Doktor Louis de Kock
Buiten om te sê…Goeiedag…weet ek nie waar om te begin…
Ek het gister my studiemateriaal ontvang .. WHOW!!!….sommer al gisteraand hier en daar gelees…soveel “RAAK GELEES” druppel in die emmer versus vol emmer….nou pas die eerste cd geluister…ek weet wat ek weet en dit is… dat daar baie MEER is…sien ek my geestelike groei en ontdek…en regmaak …om net meer te ontdek…
Sê ek net …dankie Here vir U leiding..dankie vir bewusmaking en bewuswording van my gees met U doel en wil vir my…dankie vir geestelike mentors en herders…dankie vir Dr. Louis wat kragtig deur U gebruik word om mense soos ek te beraad ..en toe te rus in die wonderlikste “verstaan taal”…dankie Here dat Louis se ..”verlede seer” vandag vir my tot seën is…Here lei en versterk my op my pad …juis om met my gisters se praktiese ondervinding waarmee U my gekwalifiseer het vir ander tot seën kan wees…dankie Here vir die voorreg om deel te kan wees van hierdie kursus…ALLES tot U eer Here…Here ek spreek lewe in hierdie bediening van Pastoor Louis…dat dit soos ‘n groot golf oor Suid Afrika spoel.. inloop in elke huisgesin…sodat GENESING plaasvind in siele …ek bid dit in JESUS NAAM Amen…. Die wiel is aan die rol ..hier kom ‘n ” awesome road to travel”

Past. D. Erasmus, A.G.S. Robertson

Hy is ‘n Leraar by uitstek wat op Bybelse wyse mense bedien tot vryheid van siektes, emosionele probleme en finansiële krisisse.

Ps. van Schalkwyk, Marydale

Louis se omgang met die Woord is besonders gebalanseerd en getuig van sy liefde en respek en inspraak van die Heilige Gees.

Hester Wagenaar

Dr. Louis en Annatjie se lewenservaring asook die voorbeeld wat hulle in die klas gestel het het ook gedien as inspirasie om te hoor en te sien hoe getrou God in hul lewens gewerk het en nog steeds werk en dat Hy ’n werklikheid is. Die gebede wat Dr. Louis voor aanvang van elke klas gedoen het asook na afloop van die klas het definitief ’n bevryding in my eie lewe bewerkstellig veral met verwysing na die ‘soul ties’ wat ’n defintiewe bevryding/losmaking in my eie lewe gewerk het en daarvoor alle lof en aanbidding aan onse God en Vader! Die besprekings in die klas was nie slegs teoreties aangebied nie maar ook toegelig met praktiese voorbeelde soos van toepassing op ons daaglikse handel en wandel.

Ps. Raymond Dye, Bethal

Hulle aanbieding was professioneel en effektief. Sy materiaal is sielkundig en geestelik verantwoordbaar.

Past. L. Crause, A.G.S. Baberton

Die Here het vir hulle gesalf met ‘n dinamiese terapeutiese bediening vry van enige vreemde en snaakse optrede.

Ds. Kumm, N.G.K. Kuruman

Ons kan hulle beslis aanbeveel as ‘n geesvervulde, suiwer verkondigers van God’s Woord.

Chris en Bea Swart

Ons is getroud in 2005 en het van die begin af emosionele en finansiële probleme gehad. Ons het staat gemaak of sielkundiges en op ons self wat glad nie gehelp het nie. Die lering oor die drie emosionele letsels stel jou in staat om jou eggenoot en ander mense beter te kan verstaan en te help.

Charmaine Venter

Dr. Louis het my met lering en gebed gehelp om ontslae te raak van die wonde in my siel- ook in elke ander persoon se siel- nl. vrees, verwerping en skuld. Na die derde sessie het ek Sy stem duidelik in my Gees begin hoor en dit is onbeskryflik wonderlik dat Hy my waardig genoeg ag om op so manier met my te praat. Die materiaal van die Beradings model is eenvoudig, maklik verstaanbaar en prakties.’n Mens leer vinnig hoe om dit toe te pas.

Grazietta Boshoff-Serenata

Goeie More Dr. Louis en Annatjie, Ek wil weereens net BAIE dankie sê vir alles tydens hierdie kursus. Dit het my nie net bekwaam gemaak om ander te help nie, maar so ook myself! Ek voel werklik vernuwe.

Past. F. Scheepers, A.F.M. Parkside

This week also enabled most of us to face and deal with issues that had been holding us in bondage for years.

Ds. Kumm, N.G.K. Kuruman

Ons kan hulle beslis aanbeveel as ‘n geesvervulde, suiwer verkondigers van God’s Woord.

Peter Loots, Shelley Beach

I strongly recommend this Seminar and the excellent teaching material available to other congregations who are seeking revival and breakthroughs regards to a live of holiness.

Past. L. Crause

Die Here het vir hulle gesalf met ‘n dinamiese terapeutiese bediening vry van enige vreemde en snaakse optrede.

Pieter

Dit het dag vir dag gegroei en ons het 2017 deur die kursusse metamorfiese verandering van gees, siel en liggaam plaasgevind. Alle bande is gebreek met letsels van verwerping, vrees en verbittering nou iets van die verlede.  Die HERE het my verlos en laat groei in geestelike krag.

Lea Olivier

My Gevoel rondom die klasse was dat daar verhoudings gebou is, omgee, bystand, raad, liefde en saam lag.  Oorheersend het ons leerders dan ook uitgesien na die volgende sessies en wil/wou die hele kursus saam deurwerk.

Ek self ervaar Vader, Jesus en Heilige Gees meer tasbaar in my lewe.  Dit is asof Die Woord net oopgaan en dele wat ek vir jare nie kon verstaan skielik net duidelik word vir my.  Ek het ook geleer dat self wanneer ek vaal, en weet wat om te doen om vergifnis te vra, die vyand te weerstaan en in God se beskerming te bly.

Hierdie kusus word beslis hoogs aanbeveel deur myself asook die leerders wat die kursus gedoen het.  Ek noem die kursus die Heilige Gees Kursus.  Eerste kursus wat ek deurwerk waar God, Jesus Christus en Heilige Gees die Middelpunt is.

Gerhard Olivier

Die lesings wat ons aanbied is baie gemaklik, en dit voel soos geen ‘effort’ nie omdat die Heilige Gees die werk self doen. Ons geniet dit baie en wy die meeste van ons tyd aan lering en selstudie oor ander mense se opinies wat die Woord daarvan se. Deur die lering aan te bied ervaar ek ’n baie meer oop Gees en Woord kennis en ’n eiwer om alles in die Bybel te verstaan. Ek beleef ook steeds vrymaking in verskeie dele van my lewe.

Dankie Dr. Louis en gade, die kurses het ons lewens verander en Godsdiens het ’n nuwe betekings gekry in my lewe, deur verhouding te bou met ons naaste en so eer aan God te kan gee. Ons vergouding met Hom verander op die wyse waarmee ons ander mense help wat ons ook van bediening gekry het.

Mary Combrink

Die Here het gedurende die afgelope 7 jaar baie met my gekommunikeer en het ekke wonderlike influisteringe beleef.

Ek is wonderbaarlik geseen en kon ek vir hierdie fenomenale beradingskursus inskryf.

Ek het die kursus geweldig geniet, insiggewend gevind en is ek opgewonde om my medemens daarmee te gaan bedien.

Ek het al vele ander soorte kursusse gedoen en hierdie een oortref algar.

God is Groot, God is Getrou en vol verrassings!!

Baie Dankie Louis en Annatjie, julle het my lewe in ’n nuwe wentelbaan geplaas en het ek uitgekom by my skeppingsdoel. Ek is in Ekstase!

Dr. Melindie Malan

Ek doen vir die afgelope 9 jaar Chirstelike berading waarop berading geskoei is op God se Woord. Die kursus, Metamorfose is belangrik om jou geestelike komponent gesond te hou volgens God se woord en sodoende om ’n holistiese benadering tot die klient deur te bring vir innerlike genesing asook om ‘tools’ te kan gebruik vir toekomstige vrees, verwerping en skudgevoelens.

Josua 1:9 “Ek self gee die opdrag, Wees sterk, wees vasberade, Moenie skrik nie, Moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God is by jou oral waar jy gaan”

Tina

Wat die Beradings kursusse aanbetref vind ek regtig baie baat  Dit het vir my soveel vertroue gegee en n baie beter verhouding met my Here.  Ek sien dinge in n ander lig as voorheen en veral as ek ook met mense praat.  Ek sal verseker hierdie kursus vir ander aanbeveel.  Ek glo elke mens moet die kursus doen om jouself eers \\dqgesond\\dq te maak en dan dit aan ander oor te dra.

Maretha

Ek vind die kursus baie inspirerend, maklik verstaanbaar en beveel dit graag aan vir enige iemand wat wil groei in sy verhouding met die Here en terselftetyd ook instaat gestel  is om andere te kan help met hulle probleme.

Willem

Louis het my n nuwe dimensie en benadering gegee in die hantering en ondersteuning van mede broers en susters, oud en jonk wat gebuk gaan onder geestelike, sielkundige en vleeslike verdrukking. Ek is deur hom toegrus met goeddeurdagte-goed nagevorste en werkbare instrumente wat my instaat stel om ander mede gelowiges deur die kragvolle werking van die Gees van God  uit hulle verdrukkingte kan lei.

Elicia

Ek vind die Beradingskursus baie verykend. Ek het met elke sessie ongelooflik groei ervaar in myself en ook vir die persone wat ek beraad het. Die inhoud is kragtig, lewensveranderend en insiggewend. Ek het ook vrymaking ervaar van jarelange bande en persone wat ek beraad het ervaar die selfde. Die kursus word aangebied in n rustige, vriendelike omgewing waar n mens vrymoedigheid het om vrae te vra en om spontaan jouself te wees.

Meer vertroue

Wat die Beradings kursusse aanbetref vind ek regtig baie baat  Dit het vir my soveel vertroue gegee en n baie beter verhouding met my Here.  Ek sien dinge in n ander lig as voorheen en veral as ek ook met mense praat.  Ek sal verseker hierdie kursus vir ander aanbeveel.  Ek glo elke mens moet die kursus doen om jouself eers \\dqgesond\\dq te maak en dan dit aan ander oor te dra.

Nuwe Dimensie

Louis het my ‘n nuwe dimensie en benadering gegee in die hantering en ondersteuning van mede broers en susters, oud en jonk wat gebuk gaan onder geestelike, sielkundige en vleeslike verdrukking. Ek is deur hom toegrus met goeddeurdagte-goed nagevorste en werkbare instrumente wat my instaat stel om ander mede gelowiges deur die kragvolle werking van die Gees van God  uit hulle verdrukkingte kan lei.

Verykend

Ek vind die Beradingskursus baie verykend. Ek het met elke sessie ongelooflik groei ervaar in myself en ook vir die persone wat ek beraad het. Die inhoud is kragtig, lewensveranderend en insiggewend. Ek het ook vrymaking ervaar van jarelange bande en persone wat ek beraad het ervaar die selfde. Die kursus word aangebied in n rustige, vriendelike omgewing waar n mens vrymoedigheid het om vrae te vra en om spontaan jouself te wees.

Inspirerend

Ek vind die kursus baie inspirerend, maklik verstaanbaar en beveel dit graag aan vir enige iemand wat wil groei in sy verhouding met die Here en terselftetyd ook instaat gestel  is om andere te kan help met hulle probleme.