Oor ons Beradingskursusse
Ons Beradingskursus is Bybel gefundeerd en Gees geïnspireerd.
- Nie SAQA geregistreer, maar u as Pastorale leraar kan dadelik begin met ‘n spreekkamer.
- Met die voltooing van ‘n module kan u onmiddelik ander mense help.
Ongeveer 20 dae per module. - Teorie en prakties.
- Eenvoudige effektiewe benadering.
- Ontvang sertifikaat na voltooiing.
Wat maak hierdie kursus uniek?
- Baie praktiese toepassings en oefeninge wat gebaseerd is op u nuutgevonde teoreties insig.
- Gees geïnspireerd, skrif gefundeerd met ‘n sielkundige grondslag.
- ‘n Holistiese benadering wat die interaksie behandel tussen die gees van die mens en sy liggaam en sy siel’s dimensie.
- Vervul so u doel op die aarde – word ‘n sielewenner duisend!
- Myns-insiens is die kursus ‘n moet vir elke gelowige en gaan u ‘n vernuwing ervaar in u verhouding met die Here.
- Nie net gaan ons u in staat stel om ander te help, maar uself gaan genesing ontvang van traumatiese gebeurtenisse.
- Sou u ‘n halfuur/dag spandeer gaan u ‘n module met sy oefeninge in twintig dae baasraak.
- Ons is ‘n oproep ver en met die e-pos verbinding is ons altyd daar vir u.
- Dit is nie moeilik nie. Dit verg deursettingsvermoë, ‘n begeerte om ander te help, ‘n gewillige gees en ‘n lus om God’s werk te doen.