Albertus Geldenhuis
Na 800km se reis het ek en my vrou met ‘n stukkende verhouding by Dr Louis aangekom. Dertig jaar se onopgeloste konflik het sy tol geëis.
Na koffie het ons met die eerste sessie begin en was onmiddelik op ons gemak danksy Louis se vriendelike, ontspanne manier van aanbied.
Met elke sessie het hy eers vir ons lering gegee, ons het belydenis gedoen en aan die einde het hy ons voorgegaan in ‘n kragtige gebed.
Beide van ons het ervaar hoe Louis toegelaat het dat die Heilige Gees met elke sessie ons stukkie vir stukkie genees.
Twee dae later is ons weg by Louis, gelukkig, ontspanne en innig lief vir mekaar!