Hester Wagenaar
Dr. Louis en Annatjie se lewenservaring asook die voorbeeld wat hulle in die klas gestel het het ook gedien as inspirasie om te hoor en te sien hoe getrou God in hul lewens gewerk het en nog steeds werk en dat Hy ’n werklikheid is. Die gebede wat Dr. Louis voor aanvang van elke klas gedoen het asook na afloop van die klas het definitief ’n bevryding in my eie lewe bewerkstellig veral met verwysing na die ‘soul ties’ wat ’n defintiewe bevryding/losmaking in my eie lewe gewerk het en daarvoor alle lof en aanbidding aan onse God en Vader! Die besprekings in die klas was nie slegs teoreties aangebied nie maar ook toegelig met praktiese voorbeelde soos van toepassing op ons daaglikse handel en wandel.