Issie Venter

Goeie dag Dr Louis en
Annatjie Baie dankie vir die uitstekende kursusse wat ek kon bywoon. My getuienis is as volg. Elkeen van die modules het in n groot mate openbaring en Vryheid aan my gegee. Maar die verwerping was vir my die grootste om mee te deel. Toe ek die brief begin skryf het, kon ek nie ophou nie en het ek weer besef hoeveel keer ek verwerp is en ek het geëindig by 8 volle bladsye. My emosies was vol en dit het uitgeborrel van al die seer. Maar toe ek klaar was met die brief en dit gebrand het ,het n ander lewe in my opgevlam en ek kon anders kyk na verwerping en weer besef maar God se opinie van my is belangrik en nie mense sin nie. Ek het voorheen gedink maar wat dink die mense van my en nou kan ek net die waarheid glo en opstaan in Christus wat my die krag gee. Daar is net een punt om by te begin. .en dis by jouself. Amen Weereens baie dankie vir die kursusse, Dit is voorwaar verrykend.