KATARINA MARIA BRIT
Op 5 Mei 1992 word ek deur die Gees deurweek nadat ek op God se roepstem geantwoord het. My geestelike reis se vlamme
brand hoog, en ek dien die Here voluit maar kom nooit tot op die punt om te bedien nie. Mettertyd het ek nie meer die vrug van die Gees in my ervaar nie en het meer tyd met Vader spandeer. Later aan net geleef met die wete dat ek n Koning se kind is. Erge storms soos my kind wat weggeloop het van die huis af, my eie gesondheid wat agteruitgegaan het, het ek die splinter in ander se oë raak gesien maar nie die balk in my eie oog nie, daarom kon die Here my nie gebruik nie, want MY KRUIK HET AANHOUDEND LEEGGELOOP!!!! Dit het moeite geword om God se riglyne streng na te volg. Tot op die more van 14 Sep 2018, het my hele wêreld inmekaar getuimel. Ek was beangs, het verwerp gevoel en baie skuldgevoelens het deur my vleeslike sisteem gedruis. Ek het waarlik gedink die dood is my uitkoms!!!!Elke plan wat ekself gemaak en beraam het en in elk geval net vir 1 minuut gehou. Ek roep uit na God en vra Here, Here waarom het U my verlaat? Deur die hulp van Dr. Louis se begeleiding herstel ek op my siels dimensie wat n oop deur vir satan was waardeur hy kon werk om my te vernietig. Ek vra vergifnis, ek skenk vergifnis aan hulle wat my vrees veroorsaak het, verwerp en skuldig laat voel het. Gedurende my stil word tyd bevestig Vader my roeping en bediening deur sy Woord waar dit opgeteken staan in 2 Kor 6:1-10. “IGNITE YOUR FIRE IN ME” ……….lerings kamer word gebore waar alreeds hope mense heel en vry gekom het op hulle stukkende siels dimensie.
Vandag eer ek Vader vir die werk wat Hy In Dr. Louis en Annetjie se lewe verrig het, daarom kan ek hierdie kursus vir enige iemand aanbeveel. Die kursus het my gehelp om van die tentakel van verwerping vir eens en altyd klaar te maak, asook om sonder enige skuldgevoelens te leef!!!!!