Lea Olivier

My Gevoel rondom die klasse was dat daar verhoudings gebou is, omgee, bystand, raad, liefde en saam lag.  Oorheersend het ons leerders dan ook uitgesien na die volgende sessies en wil/wou die hele kursus saam deurwerk.

Ek self ervaar Vader, Jesus en Heilige Gees meer tasbaar in my lewe.  Dit is asof Die Woord net oopgaan en dele wat ek vir jare nie kon verstaan skielik net duidelik word vir my.  Ek het ook geleer dat self wanneer ek vaal, en weet wat om te doen om vergifnis te vra, die vyand te weerstaan en in God se beskerming te bly.

Hierdie kusus word beslis hoogs aanbeveel deur myself asook die leerders wat die kursus gedoen het.  Ek noem die kursus die Heilige Gees Kursus.  Eerste kursus wat ek deurwerk waar God, Jesus Christus en Heilige Gees die Middelpunt is.