Webinare

Meer Inligting oor Webinare

Wat is ‘n webinaar?

‘n Webinar is ‘n aanlyn metode van leer en kommunikeer.  Dit is amper soos die welbekende “Skype” platform, maar hier word die aanbieder gesien ook met die opsie om die PowerPoint blaaie van die aanbieder te sien (of enige ander materiaal wat die aanbieder wil deel).  Jy neem deel deur te luister, en jy kan vrae vra deur te aanbieder se aandag te trek met die druk van ‘n knoppie, waarna jy jou vraag of inset kan tik of kan vra sodat almal hoor. Webinars is nuut vir baie mense, maar word vinnig die nuwe manier van leer vanuit die gemak en veiligheid van jou huis! Meer as een persoon (of selfs ‘n kleingroep) kan ook deelneem deur die rekenaar dop te hou en te luister.

Wat kos dit my?

Eenmalige bywoningskoste.

Wat het ek nodig om deel te neem?

Jy het ‘n rekenaar (enige model) nodig met ‘n basiese sisteem soos Windows XP, 7 of later. Dan moet jy aan die internet kan koppel. Die rekenaar moet luidspreker fasiliteite hê, anders sal jy die aanbieder of deelnemers nie kan hoor nie.  ‘n Kamera fasiliteit is nie nodig nie. Indien jy self vrae wil vra kan jy dit tik.

Hoe vinnig moet my internet konneksie wees?

Jou internet spoed is nie so belangrik nie, maar jou stabiliteit wel. Enige ADSL konneksie sal werk. Sommige 3G konneksies kan egter sukkel as hul sein swak is of as die sein soms verlore raak.

Moet ek enige sagteware op my rekenaar laai?

Ja, al wat nodig is, is dat jy Zoom (gratis) aflaai, installeer op jou rekenaar en registreer. Metamorfose gebruik die Zoom webinaar platform. Hier is die Zoom webtuiste se adres: https://zoom.us/webinar

Hoe skakel ek in op die Webinaar nadat ek alles afgelaai het?

Ons sal vir jou ‘n e-pos stuur met die uitnodiging – en jy sal die link daar kry wat jy neem na die webinaar toe.

Menu