Oorkom Jou Skuldgevoelens / Depressie

Vergewe is die sleutel tot ‘n volwasse lewe, MAAR die self-beskuldiging [gif] moet verwyder word.

Om vry te kom moet u die volgende verstaan:

  1. Dat depressie en neerslagtigheid en selfmoord gedagtes, is die vrugte of simptome van ‘n diep gewortelde skuld gevoel.
  2. Dat hierdie skuld gevoel klae u gedurig aan… Dawid oortree met Uria se vrou, hy verwek ‘n kind by haar en hy vermoor Uria… Hy het gedink niemand weet daarvan nie, maar die Bybel sê: God het geweet.
  3. Hy word verneder totdat hy vergifnis vra… Maar hy het ‘n prys betaal vir sy oortreding – die kind wat hy verwek het sterf en sy eie seun verdryf hom uit sy koningkryk. Met die profeet se ingryping kom daar genesing.
  4. Dat u uself moet vergewe. En Here ek vergewe myself vir wat ek gesê en wat ek gedoen het. Ek verklaar ‘ek wil lewe en ek wil ‘n kwaliteits lewe geniet en ek wil u woord verkondig.’
  5. Ek besef ek moet my gedagtes beheer. Gee satan geen plek in jou lewe nie…

Luister na die Video en Bid Saam

Nou het u ‘n Keuse van Drie

3
U kan ‘n Afspraak Maak om My te kom Sien

Huweliks- en Individuele Berading.
Beskikbaar aanlyn en in persoon. Ons help jou graag.