Stresbeheer: Tiendag Kursus

Volledige kursus ingesluit

Hierdie kursus stel u in staat stel om u ideale gewig te bereik, gesondheid te ervaar en geestelik te groei.

Baie belangrik – oormatige suur.
Daar is bevind dat die oormatige sure wat nie gealkaliseer word nie in die swakste plekke van die liggaam gestoor word en dus nie afgeskei word deur die blaas, urinêre sisteem, longe en vel nie. Hierdie sure verander na vet wat aan die heupe, maag, borste en die brein voorkom en is die basis van heelwat siektes. Stres skei oormatige sure af. Toets u stres vlak:

Punte:  0 = glad nie. 1= soms.  2 = gereeld.   3 = meestal.

Ek dink die ergste sal gebeur.
Ek bekommer my gereeld oor die “wat as … “
Ek dink die wêreld is ‘n gevaarlike plek.
Ek bekommer my oor onsekerhede.
Ek bekommer my oor mense vir wie ek omgee.
Ek dink aan al die negatiewe moontlikhede wat kan gebeur en hoe om dit te voorkom.
Ek bekommer my oor wat die toekoms kan Inhou.
Ek dink aan al die slegte dinge wat al in die verlede gebeur het.
Ek bekommer oor wat ander kan dink.
Ek bekommer my dat ek ‘n fout kan maak.
Ek bekommer my dikwels oor finansies, gesondheidsaspekte ens.

‘n Punte telling van 20 punte en hoër … ek sal aan beveel dat u erenstig kyk na die Stres Beheer Kursus.

Hierdie kursus stel u in staat stel om u ideale gewig te bereik, gesondheid te ervaar en geestelik te groei.

Vra die promosie material aan indien u onseker is, en lees meer op die advertensie blad.

Module A – Lig en Duisternis: Verbonde

Handleiding en DVD ingesluit

  • In die eerste nege maande [in utero] kan die moeder en vader alreeds d.m.v. hulle gedagtes en emosies ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. Reeds hier kan emosionele letsels gevorm word.
  • Dis nodig dat ons na ons bewuste en onbewuste kyk om behoorlik te begryp waarom ons potensiaal en prestasie deur ons gekondisioneerde oortuigings weerspieël word.
  • Gees, siel en liggaam -‘ n holistiese benadering moet gevolg word. Die Sielkundige neem nie die krag van God’s Gees in berekening met hul metodes nie.
  • Tot 1985 was die algemene opvatting in die kerke dat die mens met wedergeboorte geheel en al vernuwe word. Dit is nie die waarheid nie. U het ‘n Spesialis nodig met ‘n sielkundige agtergrond en ‘n pastorale aanslag om u emosionele letsels te verwyder.
  • Vergifnis is die sleutel tot ‘n oorvloedige lewe en slegs Jesus bloed bring genesing voort.

Hierdie kursus stel u in staat stel om die beginsels van Berading te verstaan en om ander te help.

Metamorfose Kursus: Handleiding

  • Gebore in 1948 en weer-gebore op Betlehem in 1972. ‘n Metamorfose vind plaas en my hele lewe draai handomkeer.
  • Deurweek met Sy Gees word ek aan gevuur om Sy werk te doen.
  • Hierdie boek is die totale samevatting van al agt voorafgaande modules. [A-H]
  • Die inspirasie kom van Hom af en is gebore uit direkte ingrypings van Sy Gees in ons lewe.
  • Ek kan net so wel sê hierdie Boek, is ʼn biografie van ons lewe: Al die wonderlike ontmoetings en die openbarings kennis met gepaardgaande genesings in myself, my gesin en talle Gemeentes en individue.

Ideaal sal wees as u die CD’s of DVD’s ook kan aankoop.

Trousweer… is nie perdekoop nie

Slegs handleiding

  • ‘n Perd kan gebring word tot by die water, maar drink moet hyself. Vergifnis begin by ‘n gewillige hart. Maar eers moet ‘n fondasie geskep word. As ‘n mens insig rondom die situasie kan opbou dan kan rasionele besluite geneem word.
  • Hoekom tree die persoon so op en waarom raak u altyd deurmekaar met mense wat so maak, en hoekom reageer u so as die persoon dit doen, en wat is die nadraai sou u die verkeerde besluite neem?
  • Emosionele bagasie bring verwonding mee en verhinder eenwording in die huwelik maar interaksie, konflikte, kommunikasie, verwyte, bakleiery, bring genesing voort … dit is nie maklik nie en nog nooit het enige huwelikspaar –heiden of christen- dit vrygespring nie.
  • “Nakedness’ spreek van geen versteekte agendas, geen onderlegde vrese en skuldgevoelens en newe effekte van verwerping nie. Heel mense en gesonde mense is God se plan vir die huwelik en dit gebeur nie oornag nie, dit is ‘n proses en beide pare moet noodgedwonge daar aan werk. Trou is verseker nie ‘perdekoop’ nie.

Met hierdie boek gaan u uself kan evalueer en ook vastel waarom u huweliksmaat so optree. Verseker is daar baie kursusse oor die huwelik maar die een gaan u anders laat dink.

Module B – Maak die Gevangene Vry: Okkulte

Handleiding en DVD ingesluit

  • Die Nederland’s Geloofsbelydenis – Art. 12 verklaar: “Die duiwels en die bose geeste het so verdorwe geraak dat hulle vyande van God en van alle goeie dinge is.”
  • Die godsbegrip onderliggend aan die terapie is nie die persoonlike God van die Bybel nie. Hierdie god is ‘n energie wat in alles en almal is. Hierdie energie vloei in kanale, meridiane, chakras en sones.
  • Geen mens voer oorlog sonder om te weet wie sy vyand is en watter taktiek en wapens hy gebruik nie. Weet dit ook dat met Jesus se opstanding het Hy ons die mag gegee om oor hom te heers.
  • Voordat daar na die persoon se emosionele probleme gekyk kan word, moet eers aandag gegee word aan moontelikke okkultiese beïnvloeding.
  • Simptome wat kan dui op ʼn vloek in u lewe: voortdurende hoofpyne, ‘n swaar drukkende gevoel op die skouers, emosionele probleme, knaende moegheid, kinderloosheid, huweliksprobleme.

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om die inpak van die okkulte op u totale wese te verstaan en die houvas wat dit het op andere te breek.

Spreek Lewe (video):

Die ring wat jy dra (video):

Sy Beskerming (video):

Die Lotto Kaartjie (video):

Module A-H – Metamorfose: DVD Stel

8x DVDs ingesluit met duursame houer

Skematiese verduidelik met talle getuienisse.

  • Module A: Begin met die gees, siel en liggaam en die emosionele letsels wat so ʼn stryd voorbring in lewensomstandighede.
  • Module B: Was ons nie almal betrokke in sterre voorspelling en glasie glasie spelery, onbewus van die verwoesting wat dit mee gebring het.
  • Module C: Eers moes ek verlos word van vrees om ander te help. U het hulp nodig.
  • Module D: Verwerping, Simson se juk. Rebels teenoor teen God, owerspel en dan selfdood.
  • Module E: Molestering en hoe skuldgevoel u net verder in ʼn afgrond van depressie in dwing.
  • Module F: Hierdie lering oor finansiele voorspoed met sy sketse gaan u insig gee en lei na oorwinning.
  • Module G: Breek satans juk oor elke dimensie van u lewe en ook so u familie.

Hierdie DVD’s is geskoei op modules A-G. Visuele sketse en verduidelikings word gegee wat die lering soveel makliker maak.

Module D – Maskers wat Ons dra: Verwerping

Handleiding en DVD ingesluit

  • Verwerping is een van die ergste, die mees verwaarloosde, en die mees algemeenste wonde wat ons mense het. 
Verwerping veroorsaak ‘n wond; ‘n opening, ‘n deur waardeur bose geeste kan ingaan. Satan kan nie doen wat hy wil nie maar hy is ‘n uitbuiter van situasies – ‘n strateeg
  • ‘n Opname in ons gevangenisse toon dat 100% van die gevangenes misbruik is gedurende hulle kinderjare. [evalueer uself]
  • Ek was verwerp. Alreeds voor geboorte was ek nie aanvaarbaar nie.  Ma begeer ‘n dogter en ek, ‘n seun. Om te kompenseer vir haar groot teleurstelling het ek opgetree soos meisie en altyd die ander broers met koek en kos bedien. Diep in my wese was daar ‘n uitroep, “verwerp my net nie, ma.”
  • Rig. 16:18 Toe Delila sien dat hy sy hele hart aan haar bekend gemaak het, laat sy die Filistyne roep. Simson die verworpene was rebels, verbitterd en selfmoord was ‘n uitkoms.

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om die inpak van Verwerping in u lewe te verstaan, u verlossing te verkry en om ander te help. Word ‘n sielewenner duisend.

Die Kruiwa Storie (video):

Sielsdimensie (video):

Die Koekie (video):

Die Geesteswêreld: Die onsienlike

Handleiding, diagram en CD ingesluit

“The only place to learn about hell is in the Bible. Man’s science know nothing beyond death.”

  • Sewe kompartemente of bewaarplekke: Die Graf, vir die gestorwe liggaam
  • Die Hel, vir die rebelse: Tartarus, is nie vir almal beskore nie
  • Die Bodemlose put, of Abyss: Die Poel van vuur en die eerste inwoners
  • Die Paradys se inwoners word verlos: Die Hemel, ons destinasie
  • Is daar verskillende vorme van dood?: Kriteria, om u loon te bepaal
  • Die Wegraping met voorvereistes: Hoekom is daar ʼn Wegraping?
  • Die graf is nie die hel nie … Qeber is die Hebreeuse woord vir graf terwyl die hel as Sheol bekendstaan. Die liggaam word dus bewaar tot die opstanding;  die christen se vereniging met sy liggaam vind gouer plaas as die van die heiden.

Hierdie leersame studie stuk met ʼn diagram en cd gaan u insig gee oor die onsienlike

Module A-F KRUISKYK: DVD Stel

Soos uitgesaai op Kruiskyk

6x DVDs ingesluit met duursame houer

Skematiese verduidelik met talle getuienisse.

  • Module A: Begin met die gees, siel en liggaam en die emosionele letsels wat so ʼn stryd voorbring in lewensomstandighede.
  • Module B: Was ons nie almal betrokke in sterre voorspelling en glasie glasie spelery, onbewus van die verwoesting wat dit mee gebring het.
  • Module C: Eers moes ek verlos word van vrees om ander te help. U het hulp nodig.
  • Module D: Verwerping, Simson se juk. Rebels teenoor teen God, owerspel en dan selfdood.
  • Module E: Molestering en hoe skuldgevoel u net verder in ʼn afgrond van depressie in dwing.
  • Module F: Hierdie lering oor finansiele voorspoed met sy sketse gaan u insig gee en lei na oorwinning.

Hierdie DVD’s is geskoei op modules A-F. Visuele sketse en verduidelikings word gegee wat die lering soveel makliker maak.

Die Boek Openbaring: Die Eindtyd

Handleiding, diagram en CD ingesluit

Die boek Openbaring is die slothoofstuk van die twee en sewentig geskrifte wat ongeveer eenduisend seshonderd bladsye beslaan en regdeur die Bybel is die sentrale gedagte “waarom rebelleer jy teen My, waarom langer in duisternis beweeg, kan jy nie sien dat Ek net die beste vir jou wil hê nie?” God wil Sy liefde aan die mensdom bewys maar gesluierd deur satan ploeter hy voort op ‘n pad van vernietiging.

  • Is God onregverdig – Die derde seël – Martelare – Aardbewings – Die basuine.
  • Die twee getuienisse – Die bodemlose put – Die sewende basuin – Die antichris.
  • Satan word nou aanbid – Die eerste engel – Babilon die hoofstad.
  • Die bruilofsfees – Armageddon ens.
  • Kronologiese volgorde van die wêreld oorlog. Hall Lindsey en Past. Hagee se sienswyse.

Geseënd is hy wat die boek Openbaring lees en agslaan daarop. Skematiese diagramme word gebruik om meer insae te verkry.