Huwelik sal nie na behore funksioneer nie terwyl daar nog emosionele letsels van die verlede is nie
Almal van ons het dit, word gevorm in die geheue basis. Tydens die eerste nege maande in utero, kan die moeder en vader alreeds d.m.v. hulle gedagtes en emosies ‘n direkte invloed uitoefen op die bevrugte eiersel. Daar word gereken dat die eiersel ses ure na konsepsie alreeds gevoelig is vir die beïnvloeding van die ouers. Reeds kan hierdie kind ervarings meemaak van verwerping of vrese of skuldgevoelens wat permanente letsels nalaat in sy geheue basis.
Daar is drie verskillende letsels -die Bybel noem dit ‘bome’- [m.a.w. bome Luk.6:44] wat tot ‘n mindere of meerdere mate geaktiveer word deur stres. Elke letsel het sy eie simptome- die Bybel noem dit die
werke van die vlees… [m.a.w. vrugte Gal.5:19]
BERADING GESKOEI OP N PASTORALE /SIELKUNDIGE AANSLAG MET DIE BYBEL AS VERWYSING