Daniël se Goue Beeld: Inleiding tot Openbaring

Handleiding, diagram en CD ingesluit

Die nuwe koning/antichrist sal drie van die tien horings/koninkryke omverwerp en eventueel sal die ander hulle self onderwerp aan sy gesag. Satan sal deur die persoon magtige tekens verrig sodat selfs gelowiges mislei gaan word. Die Woord verklaar dat satan progressief van hom besit gaan neem. Is dit dalk dieselfde soos met Judas… die verraaier?

  • God weet alles – God waarsku ons – Die Here gee almal ‘n gelyke kans.
  • Daniel het verskeie drome gedroom wat die sewe jaar van die boek Openbaring omskryf.
  • U is die hoof van goud – Sy bors en sy arms was van silwer.
  • Daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk – Na die drie se val ‘n nuwe koninkryk.
  • Titels wat toegedig word aan die antichris – Die profete het die antichris sien kom.
  • Gaan die antichris verwoes – Die inval met Rusland op die voorgrond.
  • Die koning van China kom te voorskyn met 200,000,000 soldate met die drooglegging van die Nyl rivier

Diagramme maak dit altyd makliker om die insiggewende material te verstaan.

Module C – Die Leeu in jou Lewe: Vrees

Handleiding en DVD ingesluit

  • Vrees is een van die drie emosionele letsels wat by alle mense tot ‘n meerdere of mindere mate gevind word. Evalueer uself.
  • Die oorsprong van die emosionele letsels wat gevorm word in die geheuebasis kan van drie moontlike bronne kom. Die eerste nege maande in utero. Die kind se lewensgeskiedenis en traumatiese ondervindings.
  • Oral Robberts sê “Jy as ‘n mens het ‘n keuse; of jy kan kies om vrees deel van jou lewe te maak, of geloof ”. Maar ek stem nie saam nie. As jou vrese reeds ‘n houvas op jou het, dan is jy ‘n gevangene. Jy het geen keuse meer nie, kry ‘n regverdige om vir u te bid.
  • Kortstondige spanning is normaal. Dit stel die liggaam in staat om of te vlug of om aan te val. Dit is egter nie ons probleem nie, maar ‘n langdurige spanning of ‘n onderliggende vrees, is nadelig vir die liggaam.
  • Job se vrese het satan die reg gegee om verwoesting te saai in sy lewe. Eventueel bevind hy hom op die ashope, maar sy beterwetigheid verhinder hom om sy genesing te ontvang.

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om alle vrese in u lewe te verwyder en om ander te help.

Die Leeu Storie (video):

Daar is Lewe (video):

Die gees van Vrees (video):

Module A-H – Metamorfose: CD Stel

8x CDs ingesluit: Module A-H

  • Elke CD is gebaseer op een van die Metamorfose Kursus se modules en was opgeneem in verskeie kerke reg oor ons land.
  • Elke lering is gestruktureerd en maklik verstaanbaar.
  • Onderwerpe wat aangespreek word:
    – Die oorsig en die samestelling van die mens.
    – Die Okkultiese betrokkenheid met gepaardgaande vloeke.
    – Vrese en sy vernietigende inpak op ʼn mens.
    – Verwerping en rebellie loop hand aan hand.
    – Depressie en ʼn onsensitiewe gees.
    – Hoogmoed se verstommende nagevolge.
    – Finansies en die sleutel tot oorvloedigeheid en laastens.
    – Herlewing wat ons land so bitter nodig het.

Bederf uself deur te luister na die bevrydende material,- lag saam en huil saam oor al die getuienisse- en skenk dit vir ‘n andere.

Module E – Die Koning se Kind: Depressie

Handleiding en DVD ingesluit

  • Die voorkomssyfer van depressie is in der waarheid so hoog, dat dit as “the common cold of mental illness” bestempel word.
  • Hierdie mense leef nie meer werklik nie, liggaamlik wil dit goed voorkom maar geestelik is hulle onsensitief vir God se Heilige Gees.
  • Dit is ook gewoonlik hierdie kinder swat depressief is wat deur andere misbruik word. Seksuele molestering is nie net penetrering nie, maar ook betasting of ontbloting met katastrofies nagevolge in die huwelik. Evalueer uself.
  • Die sielkundige se taak is om vas te stel waar die persoon se emosionele probleem ontstaan het. Hipnose -waarteen ons gekant is- word onderandere ook gebruik. Met die vasstelling van die oorsprong en die identifisering van die wortel of letsel word die kliënt nou geleer om met die probleem saam te leef. Om dit leefbaar te maak kan slaapterapie of medikasie aangewend word.
  • Judas die dissipel van Jesus voel skuldig oor sy verraad en pleeg selfmoord. Hy se :” Ek het gesondig en die kerk wou my nie help nie”

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om vas te stel waarom voel u depressief en het selfmoord gedagtes. Word bevry en bevry dan andere.

Dit is Altyd My Skuld (video):

Onskuldig in die Tronk (video):

Slaap Terapie (video):

Module H – Reinig die Land: Herlewing en Gebed

Handleiding en DVD ingesluit

Satan d.m.v. sy trawante syfer die kerke binne en ook so die dorpe. Geldgierigheid van die mens en om tog iemand besonders te wees is baie keer die lokaas wat Satan gebruik om sy planne te laat seëvier.

  • Hoe infiltreer satan ‘n gebied: Nege sleutels wat herlewing gaan inwy.
  • Die gebed van ‘n regverdige: Die oplegging van hande en die salwings olie.
  • Onderwerping aan gesag en eendragtigheid: Vasting en gebed – dan sal jou lig opgaan.
  • Die gebed vir herlewing – die aangename tyd: Word vervul met die Heilige Gees.
  • U offerande: ‘n teken van u liefde: Reinig die land; breek af die onheilige plekke.
  • Verseker kan u iets doen om jou huis terug te vat uit elke strik wat satan gespan het. U as verteenwoordiger van God het die outoriteit om sy verduistering te breek oor u huis.

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om herlewing in u wese te ervaar en om u gebied te reinig.

Module F – Die Oeroue Sonde: Hoogmoed

Handleiding en DVD ingesluit

  • As jy dink en as jy optree asof jy beter is as ‘n andere dan gaan die Here jou verneder.
  • Begin negentigs grou ek slote soos ‘n arbeider. Gedink dit is normal; totdat ek eventueel in radeloosheid [vyf jaar later] en in desperaatheid roep ek na die Here. Toe begin die Here my oplig.
  • Job kom tot ‘n val, in duisternis stort hy neer en beland op ‘n ashoop. In hardkoppigheid weier hy om tereggewys te word. Nebukadnesar hef weer aan en sê “Kyk na wat ek verwerf het, kyk na my invloed oor die mens en hy word verneder tot die vlak van ‘n dier.
  • Satan het twee maniere met die mensekind. Eerstens sal hy wat wil probeer om u te verhinder om God se kind te word en daarna, sou hy nie slaag nie, probeer hy hoogmoed.
  • Hardkoppigheid en onleerbaarheid en eiewys verhinder verdere herstel.

Mag die Heilige Gees u help om deur die versluiering te werk.

Hierdie Selfhelp kursus gaan u in staat stel om hoogmoed – wat so ingeweef is in ons huidige omstandighede – te verstaan en om ander te bevry.

Geestelike Wette (video):

Module G – Konings en Priesters: Finansies

Handleiding en DVD ingesluit

  • God wil hê dat jy voorspoedig moet wees, sodat jy die evangelie kan verkondig. Hoe opereer ‘n gedane soldaat, een wat belas is, gejuk is met skuld en siektes? Nee, duisend maal nee!
  • Hoe kan ek vir die Gemeente preek en hulle aanbeveel om hulle tiendes te gee en kyk ekself het ‘n gebrek. Hoe kan jy vir jou broer sê maak so en maak sus en dit werk nie vir jou nie? Wel dit was my dilemma. Hoekom moet ons so sukkel met ons finansies, Here? Toe die uitkoms.
  • Die Here sal altyd ‘n plan gee, doen dit net. As die Gees sê links moet nie regs gaan nie.
  • Ons is moeg van net pap eet ons soek nou ook ‘n stukkie vleis. Terwyl ons God nie gedien het nie, het dit beter met ons gegaan, maar noudat ons Hom dien is dit net swaar en moeilik. Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte,  en die Here het Hom vervies oor die ondankbaarheid van die mens.
  • Rekenskap word vereis – raamwerke om u begroting te korreleer. Blokasies wat u verhinder om suksesvol te wees en belydenisse na voorspoed.

Hierdie selfhelp kursus gaan u help om doelgerig finansieel suksesvol te word en om ander te bedien met wysheid.