082 371 2863
louis@metamorfose.co.za
Winkel
Product has been added to your cart.
  • Tuis
  • Oor Ons
  • Het jy geweet…
  • Berading
  • In ‘n Noodsituasie?
  • Winkel
  • Korrespondensie Kursusse
    • Oor ons Beradingskursusse
    • Bemagtig Jouself Beradingskursus
    • Bemagtig ‘n Ander Beradingskursus
    • Trauma Beheer Korrespondensie Kursus
  • Seminare
    • Bevryding Seminaar
    • Optimaliseer U Hormoonvlakke
    • Fasiliteringskursus
    • Huwelik Seminaar
    • Eindtye Seminaar
  • Artikels
  • Getuienisse
  • Videos
  • Kontak

Voorwaardes na Finansiële Voorspoed

Voorwaardes na finansiële voorspoed, “soos net God dit kan bewerkstellig”

Vriend, een ding verstaan beide van ons maar al te goed, en dit is dat ons teenstander daarop uit is om ons skade aan te doen.  Maar ons is vas daarvan oortuig dat onse God by magte is om ons uit elke moeilike omstandigheid te verlos.
As vriend bied ek vandag my dienste aan jou, en wil dit baie sterk beklemtoon dat ons bereid is om te eniger tyd jou kragtig by te staan met raad en gebed. Ons totale belang by jou is; “jou voorspoed”
Een saak wil ek graag beklemtoon; onderwerp jou aan God, volg Sy riglyne en hou nougeset by Sy Woord, moet nie links of regs daarvan afwyk nie, gee geen plek aan Satan nie.
“Mag die Here jou ryklik seën op hierdie nuwe pad van finansiële voorspoed”
Die Woord beklemtoon dat as jy jou hand aan die ploeg slaan en nie agtertoe kyk nie, sal dit voorspoedig gaan met jou.

Vrede vir jou
Louis de Kock
N.S. “Let dan daarop, hoe die Here jou van hierdie dag vorentoe gaan seën”

Hoe kan ek vir die Gemeente preek en hulle aanbeveel om hulle tiendes te gee en kyk ekself het ‘n gebrek.
Hoe kan jy vir jou broer sê maak so en maak sus en dit werk nie vir jou nie?
Wel dit was my dilemma.
Hoekom moet ons so sukkel met ons finansies, Here?
Toe die uitkoms.  Die Here sal altyd ‘n plan gee, doen dit net. As die Gees sê links moet nie regs gaan nie. Na ‘n droom en ‘n nagvisioen beloof Hy my ‘n finansiële seën.
Eers  seën HY almal wat ons boodskap hoor oor finansiële voorspoed, maar vir ons gebeur daar niks en toe hierdie openbaring. “Betaal jou Televisielisensie”
Maar lees eers verder voordat jy van my ‘n bespotting maak.

Die Here is nie ‘n aannemer van ‘n persoon nie! As Hy dit vir my kon doen hoeveel te meer ook nie vir u nie. Sy Woord bevestig dat HY u ryklik wil gebruik om finansies te genereer. U finansies stel weer die kerk in staat om God se koninkryk te vergroot hier op die aarde.

1Kon. 9:1

Net toe Salomo gereed was met die bou van die huis van die HERE… toe verskyn die HERE vir die tweede maal aan Salomo; en wat jou betref sê die Here, “as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met ‘n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou, sal julle voorspoedig wees“

PSALM 112:1-10

Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in sy gebooie het. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word. Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

 

WAT VERHINDER U OM OORVLOED TE ONTVANG?

Honderdvoudig sê Hy:

  • Tiendes gee julle, maar julle is nie eerlik nie, nog minder bewys julle meegevoel en julle is nie betroubaar nie.
  • Trompetgeskal, jy het reeds jou loon ontvang as jy aan die mens verkondig wat jou offers aan die Here is.
  • Hande gevou – daar is nie kos vir ‘n luiaard nie. Slaan jou hand aan die ploeg en moet nie agtertoe kyk nie.
  • Vermy heidene – moet nie in vennootskap staan met ‘n onheilige juk nie.
  • Borg staan – moet ook nie jou hand slaan aan borg staan nie.
  • Drank – wee die mens wat aan ‘n ander drank verskaf of homself verlustig daaraan.
  • Vrees nie – dan sal jy die land van oorvloed, die land wat oorloop van melk en heuning beërwe.
  • Fortuinverteller – dit is .a.g.v. hierdie gewoontes wat God die mens voor Hom uit sal verdrywe.
  • Tiendes gee julle nie – beroof God en satan sal julle finansies aantas.
  • Oneerlike wins – ‘n Mens sal jou nog verlustig in ‘n ander se verlies.
  • Die ontvanger – betaal die keiser wat hom toekom.
  • Julle vrouens – Mans julle gebede word nie beantwoord nie. Twee is baie beter as een, kom in eenheid met jou gade.
  • Wandel in geregtigheid – Moenie ‘n ander beroof om jouself te veryk nie.
  • En jy het geen verwagting – Gee en vir jou sal gegee word. In geloof verwag jou seëninge.

HOEKOM GEE ONS OFFERS EN TIENDES?

Omdat ons Hom vertrou.

  • Priesters: Vir eerstens vir die versorging en die onderhouding van hulle wat in die diens van die Here en van die mens staan. Die werkers se take is die volgende ..
  • Geesgeïnspireerde werkers is nodig om die belangrike taak te volbring nl. die opleiding van die gemeentelid sodat hulle die laaste opdrag van God kan uit voer.
  • Onderhoudskoste van die tempel. Die bou van die tempel het ongeveer $174,000,000,000 gekos en was oorgetrek met goud en edelgesteentes. Nuwe Testamenties was dit ‘n plek van aanbidding, ‘n plek waar mense geleer was om die evangelie te verkondig, om dissipels op te lei en dies meer. Die instandhouding van die gebou is belangrik, maar wat baie belangriker is, is die werkers. Bekwame mense, deur God geroep om die werk te doen.
  • Die laaste opdrag kos baie geld – Jesus het tot by hulle gekom en gesê “God het My die volle mag oor die hemel en die aarde gegee. Daarom moet julle na elke volk op aarde toe gaan en hulle My volgelinge maak. Doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om al die dinge wat Ek julle beveel het, te gehoorsaam. En julle moet onthou dat Ek elke dag by julle sal wees tot die einde toe”.
  • Proporsioneel moet die kerk dus die finansies wat geïn word, verdeel tussen die versorging van die (a) verskillende werkers wat in die Liggaam of Kerk van God werksaam is, (b) die finansiële uitleg vir die uitdra van die evangelie en die opleiding van lidmate en (c) die instandhouding van die gebou. Die meeste geld word huidiglik aan die geboue afgestaan en die werkers word swak betaal, baie werkers leef onder die broodlyn, en baie min, indien enige siele word bereik. Siele is die primêre opdrag van onse Here en hier moet die grootste persentasie van die geld gespandeer word.
  • Offerhanders en siele: Dit is uiters belangrik om u offerandes te bring waar siele vir Hom bereik word. Dit is u geld en u het ‘n reg om te weet hoe dit verdeel word. Dit is u saad en u is verantwoordelik vir ‘n goeie oes. Geen boer gaan tog goeie saad wat hy swaar verdien het op swak grond saai nie.
Post Views: 2,041
Previous Post
‘n Emosionele Letsel (ons almal het dit)
Next Post
Vergifnis: En as hy nie WIL vergewe nie?

Onlangse Artikels

  • Het Jy Geweet…?
  • Hoekom Storms In Jou Lewe?
  • Huwelik Funksioneer
  • Die letsels in jou lewe: PEFM Onderhoud
  • Woede, ‘n vloek of seën?

Kategoriëe

  • Huwelik (1)
  • In the Media (9)
  • Siektes (2)
  • Uncategorized (10)

Ontvang ons Nuusbrief

Ontvang Dagstukke

Ons Resensies

Dr. Louis de Kock - Pastorale-Sielkunde huweliksberader
5.0
Based on 20 reviews
powered by Google
review us on
Louisa Pretorius
07:32 28 Jun 22
Dr. Louis de Kock prayed for me just a few days ago. He let me forgive those who harmed me. I decide to do introspection and forgive all people who harmed me. I'm a new woman. I keep on clinging to Jesus. When I start my studies, in module A I realise something is terribly wrong. Yes I know to forgive, I know what unforgiveness and bitterness can do. But I realised I'm not ready to go on, but must seek help. Thank you Jesus for Dr. Louis de Kock. Thank you that Lord that You use us to be vessels for You. Saints you have to believe. Faith with this course is needed. It's very important. Methamorfoses studies, are life changing. Thank you Doc Louis. All the praise and honour to Jesus my Saviour.
Melissa Ellis
10:53 28 Mar 22
Was a wonderful experience. Exactly what we needed. Gained so much knowledge. Can highly recommend to all.
Angelica Herwill
05:27 05 Mar 22
Dr Louis is the best thing that has happened to us, from the moment we walked through his door we had this calmness over us, we received a lot of answers and guidance towards the future!! I would recommend Dr Louis to anyone!!!!
Jasmin Cloete
13:33 21 Dec 21
I immediately felt helped, so thankful!!!
ROCHELLE BODENSTEIN
11:28 29 Nov 21
I got a lot off answers. Dr Louis helped me see how the past and present affect my life. It feels like a lot off weight has lifted from me

© 2023 Dr Louis de Kock.
Website Proudly Designed by Wired Ink / Marketing & SEO Done By SyteDigital.

Facebook
YouTube
LinkedIn
X
  • Tuis
  • Contact