082 371 2863
louis@metamorfose.co.za
Winkel
Product has been added to your cart.
  • Tuis
  • Oor Ons
  • Het jy geweet…
  • Berading
  • In ‘n Noodsituasie?
  • Winkel
  • Korrespondensie Kursusse
    • Oor ons Beradingskursusse
    • Bemagtig Jouself Beradingskursus
    • Bemagtig ‘n Ander Beradingskursus
    • Trauma Beheer Korrespondensie Kursus
  • Seminare
    • Bevryding Seminaar
    • Optimaliseer U Hormoonvlakke
    • Fasiliteringskursus
    • Huwelik Seminaar
    • Eindtye Seminaar
  • Artikels
  • Getuienisse
  • Videos
  • Kontak

New Age Medisyne se Werklike Effek

NEW AGE MEDISYNE – Sou u by die Woord bly gaan u nie siek word nie.

Die term New Age Medisyne omsluit ‘n wye verskeidenheid terapieë. Elke New Age Terapie het sy eie ontstaansgeskiedenis en kom uit verskillende kulture en tydperke in die geskiedenis. Sommige bestaan reeds eeue  (Kruiekultuur en Spiritisme).  Ander het in die 19de eeu ontstaan (Chiropraktyk, Homeopatie). Nog ander het ‘n taamlike resente ontstaansgeskiedenis (Biofeedback, Rolfing). Meeste van die terapieë het ‘n Oosterse agtergrond of is sterk beïnvloed deur Oosterse mistisisme, of is sterk spiritisties, okkulties en animisties gekleurd. Natuurlik is wetenskaplike medisyne nie bo kritiek verhewe nie! Genesing is egter te vinde in Jesus Christus. As gevolg van onkunde raak mens by okkultiese  terapie  betrokke.

Die god betrokke by die New Age medisyne
Die godsbegrip onderliggend aan die terapie is nie die persoonlike God van die Bybel nie. Hierdie god is ‘n energie wat in alles en almal is, ‘n panteïstiese godsbegrip. Hierdie kosmiese energie, word deur verskillende terapieë verskillend genoem naamlik: Prana- Hindoe, Ki/Chi- Boedis, The Inate, Odic Force, Ektoplasma- Spiritisme, ens. Hierdie energie vloei in kanale, meridiane, chakras en sones.

Holistiese genesing berus op die veronderstelling of geloof dat elke mens “ingeskakel is in die universele intelligensie/bewuste”. Geestelike energie straal van die universele bron uit en deurdrenk alles en almal (panteïsme-sien nota). Alles en almal word deur die energie in stand gehou, ook die mens. Daarom is die mens soos ‘n gloeilampie wat aan ‘n battery gekoppel is. As daar ‘n verstopping of verbreking van die stroom is, word jy siek. Indien jy egter gekoppel is, het jy ontsaglike potensiaal, hier lê die wortel van die Human Potential Movement. Hiervolgens het ons God nie nodig nie, want ons is dan god. Om gesond te bly, moet jy leer om hierdie energie van die ‘groter self’ te tap en om blokkasies te verwyder wat die normale vloei van die instandhoudende krag/energie in die liggaam kan keer. Hierdie verstoppings word verwyder sodat daar weer balans of ewewig kan wees. Dit kan gedoen word d.m.v. naalde, kristalle, drukking, massering, dieet (Zen-Macrobiotics) meditasie (Joga, Karate ens.) en gedagtes te beheer.

Hoe diagnoseer die Holistiese terapeut? Hier is sommige van die okkultiese metodes wat gebruik word: die Pendulum, Heldervoelendheid, Heldersiende, Delewarr masjien (Black box), Kirlian fotografie, Psychometry (om ‘n besitting van ‘n persoon te bevoel).

SIMPTOME WAT DAAROP DUI DAT U ONDER ‘N VLOEK KAN WEES!

Voordat daar na die persoon se emosionele probleme gekyk kan word, moet eers aandag gegee word en die moontlikheid moet eers ondersoek word of dit nie ‘n okkultiese vloek is wat werksaam is in die persoon se lewe nie. Weens die feit dat die kursus op die sielsdimensie geskoei is, word daar eers met die okkultiese gedeel. Ek vind dat ongeveer 20% van al ons emosionele probleme hulle oorsprong hiervandaan kan kry.
 Liggaamlike simptome
Voortdurende hoofpyne, ‘n swaar drukkende gevoel op die skouers, lamheid in die bene, abnormale probleme in die vrouedele, epileptiese aanvalle, knaende moegheid, sere wat aan die voete en bene ontstaan, ‘n swak eetlus of rillings deur die liggaam. Dan het ondervinding my verder geleer dat selfs kinderloosheid, aanhoudende siektes, finansiële probleme, probleme met die kinders, probleme in die familie of probleme met die huwelik, `n direkte nagevolg kan wees van okkultiese betrokkenheid, hetsy by uself, of by u huweliksmaat. Of a.g.v. `n owerspelige verhouding in die huwelik óf voor die huwelik, of `n vloek wat oorgedra is van die familie, of `n vloek wat teen u uitgespreek is, of `n vloek wat u oor uself uitgespreek het.
 Emosionele simptome
Onbeheerbare woedebuie, abnormale sterk seksdrange en dwingende gedagtes rondom seks, selfmoordneigings, abnormale vrese, depressie, kompulsiewe gedrag, afwykende gedrag (persoonlikheid verander). Sielkundige probleme is slegs `n voortsetting van emosionele probleme. Skisofrenie, anoreksie, bulimie, ens.
 Verdere simptome:
Angsdrome, die tokkelossie, gedurige verskyning van dooies in jou drome, astrale projeksie, stemme wat praat, probleme met Bybel lees en kerkbesoek, nare voorgevoelens en voorbodes, gedaantes wat rondbeweeg in jou huis, liggaamlike letsels wat op ‘n onverklaarbare manier aan jou liggaam voorkom.
‘n Vloek (siektes, finansies, huwelik’s probleme) sonder ‘n oorsaak kan jou nie tref nie.

Was vroeg in die negentigs wat ons ‘n ervaring beleef het wat my finaal oortuig het dat hierdie wesens (bosegeeste) niemand anders is as die magte wat Paulus van praat in die boek van Efesiërs.
Ons jongste dogter se lewe was op die spel. Eers waarsku die Gees my deur middel van `n droom. Ons vurige gebede het geen uitwerking gehad nie. Die laaste aand voor haar verlossing het ons saam Nagmaal gehad en selfs met die beoefening van die Verbondsooreenkoms kon ons nie ‘n deurbraak bewerkstellig nie.
Terwyl ek in die eetkamer staan, praat Sy Gees weer met my en sê dat sy gaan haar hand aan haar eie lewe slaan.
Daardie nag kom die kinders by ons slaap en terwyl ek en sy op die bed speel, merk ek ewe skielik haar hangertjie op. Vir eers lyk dit na `n lang pen wat in haar keel wil steek en toe verander dit na `n normale hangertjie. Met die afhaal herken ek dit as die ‘watergod afbeelding’ [Yami Yami]  van Zimbabwe. Met die vernietiging van die  hangertjie was daar ewe skielik weer vrede oor die gesin.

In twintig jaar van Bediening kan ek u verseker dat die volgende okkultiese areas wel ‘n rol kan speel in die Christen se lewe.

Was u betrokke by die volgende?  (al was dit ook net toevallig)

  • Glasie-glasie speel
  • Rod en Pendulum (ring, hoeveel kinders)
  • Geloofsgenesers (godloënaars)
  • Refleksiologie
  • Vrymesselary
  • Aromaterapie (wierook)
  • Joga/meditasie
  • Judo/karate
  • Dwelms/drankmisbruik
  • Hipnose (neem beheer oor jou denke)
  • Dra van gelukbringers
  • Afgodsbeelde in die huis
  • Satanistiese popmusiek
  • Satanisme
  • Beswering (spreek vloeke uit)
  • Fanatisme (hardloop agter elke profeet aan)
  • Sterrevoorspelling (tarrots)
  • Fortuinvertelling (teekoppie, kaarte)
  • Homeopatie
  • Akupunktuur
  • Kleur-analise
  • Klankterapie
  • Waterwys
  • Spiritisme
  • Vreemde godsdienste (Mormone ens.)
  • Besoeke aan toordokters
  • Slamaaiers
  • Voorvaderverering (oupa wat dood is.)
  • Bygelowe (swartkat, Vrydag die 13de)
  • Okkultiese speelgoed (Poke’mon)
  • Astrale projeksie (verlaat liggaam)
  • Dobbel (beroep op ‘n geluksgodin)
  • Tatoeëring

Spreek Lewe (video):

Die ring wat jy dra (video):


‘n Bevrydingsgebed is noodsaaklik om hierdie geestes-houvas te verbreek oor u familie en natuurlik ook, die kennis van die okkultiese. Lees meer op ons webtuiste.

Post Views: 3,381
Previous Post
Depressie
Next Post
Verwerping – Ek kon gay gewees het

Onlangse Artikels

  • Het Jy Geweet…?
  • Hoekom Storms In Jou Lewe?
  • Huwelik Funksioneer
  • Die letsels in jou lewe: PEFM Onderhoud
  • Woede, ‘n vloek of seën?

Kategoriëe

  • Huwelik (1)
  • In the Media (9)
  • Siektes (2)
  • Uncategorized (10)

Ontvang ons Nuusbrief

Ontvang Dagstukke

Ons Resensies

Dr. Louis de Kock - Pastorale-Sielkunde huweliksberader
5.0
Based on 20 reviews
powered by Google
review us on
Louisa Pretorius
07:32 28 Jun 22
Dr. Louis de Kock prayed for me just a few days ago. He let me forgive those who harmed me. I decide to do introspection and forgive all people who harmed me. I'm a new woman. I keep on clinging to Jesus. When I start my studies, in module A I realise something is terribly wrong. Yes I know to forgive, I know what unforgiveness and bitterness can do. But I realised I'm not ready to go on, but must seek help. Thank you Jesus for Dr. Louis de Kock. Thank you that Lord that You use us to be vessels for You. Saints you have to believe. Faith with this course is needed. It's very important. Methamorfoses studies, are life changing. Thank you Doc Louis. All the praise and honour to Jesus my Saviour.
Melissa Ellis
10:53 28 Mar 22
Was a wonderful experience. Exactly what we needed. Gained so much knowledge. Can highly recommend to all.
Angelica Herwill
05:27 05 Mar 22
Dr Louis is the best thing that has happened to us, from the moment we walked through his door we had this calmness over us, we received a lot of answers and guidance towards the future!! I would recommend Dr Louis to anyone!!!!
Jasmin Cloete
13:33 21 Dec 21
I immediately felt helped, so thankful!!!
ROCHELLE BODENSTEIN
11:28 29 Nov 21
I got a lot off answers. Dr Louis helped me see how the past and present affect my life. It feels like a lot off weight has lifted from me

© 2023 Dr Louis de Kock.
Website Proudly Designed by Wired Ink / Marketing & SEO Done By SyteDigital.

Facebook
YouTube
LinkedIn
X
  • Tuis
  • Contact